Mosselberg on Grotto Beach

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mosselberg on Grotto Beach is 'n 5-ster boetiek-villa wat in Hermanus in die Wes-Kaap geleë is. Dit is die perfekte wegbreekplek vir gaste wat op soek is na stylvolle akkommodasie en warm gasvryheid na aan 'n verskeidenheid doendinge.

Die akkommodasie by Mosselberg on Grotto Beach bestaan uit 5 suites wat elk beskik oor sy eie ingang en 'n seefrontende balkon waarvandaan jy kan kyk hoe die walvisse van Junie tot November in die see baljaar. Hierdie suites het elk 2 enkelbeddens of 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort, wasbak en toilet. Die geriewe in hierdie luuks ingerigte kamers sluit in 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe, 'n TV met 'n DVD-speler en sekere DStv-kanale, ondervloerse verhitting en verhitte handdoekrelings.

Gaste kan 'n smullekker Kontinentale of Engelse ontbyt geniet wat in die eetarea of op die veranda bedien word. Die gastehuis maak ook voorsiening vir vegetariërs en gaste met spesiale dieetversoeke. 'n Inwonende sjef berei maaltye op versoek voor en kombineer vars, plaaslike produkte met 'n tikkie Suid-Afrikaanse inspirasie.

Mosselberg het ook 'n swembad met stoepmeubels en 'n vermaakarea met 'n pooltafel en bordspeletjies. Verder kan gaste ook kies om te ontspan of lekker te lees in die biblioteek. Daar is ook 'n kroeg waar gaste verskeie drankies kan geniet.

Daar is veilige parkeerplek beskikbaar vir voertuie en die gastehuis is minder as 1 minuut se stap van die Grotto Beach Blouvlagstrand af. Dis ook net 'n paar minute se ry vanaf 'n hele rits doendinge en besienswaardighede, soos bergfietsroetes, staproetes, Hermanus-gholfbaan, restaurante en winkels, Fernkloof Natuurreservaat en baie meer.

Kenmerke

  •  Gratis WiFi

Geriewe

  •  Wasgoeddiens
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mosselberg On Grotto Beach gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 740 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za