Motswari Private Game Reserve

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Motswari Private Game Reserve is oop na die Krugerwildtuin en speel gasheer vir Afrika se Groot 5. Hierdie luukse safari-lodge met sy 4-ster-gradering is een van Suid-Afrika se juwele en word deur 'n familie besit. Die lodge se trots is sy gesellige atmosfeer en luukse akkommodasie.

Motswari is eksklusief aangesien nie meer as 30 gaste op 'n slag hier kan bly nie wat ook 'n rustiger omgewing vir ons gaste se Afrika-ervaring skep. Ons het 15 luukse en suite-bungalows wat elk lugversorging en ongeëwenaarde uitsigte oor die bos bied. Gaste het toegang tot luukse geriewe wat ons uitstekende diens komplementeer. Die natuurlike afwerkings en dekor in elke bungalow reflekteer die natuurlike omgewing wat jy deur die vensters kan aanskou.

Motswari Game Private Game Reserve bied ook 'n swembad, oornagstaproetes saam met ervare gidse, boswandelings in die oggend en wildritte deur die dag. By Motswari is ons eerste prioriteit ontmoetings met die onversteurde wild waarvoor Suid-Afrika so bekend is. Afrika se Groot 5 en ook verskeie ander wild wat natuurlik in Afrika-vlaktes voorkom, is volop is in die omgewing en oorsteek die oop grens tussen Motswari en die Krugerwildtuin.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Motswari Private Game Reserve gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R11 380 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za