Mouille Grange 110

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 10 % af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Mouille Grange 110 is 'n selfsorg-ateljeewoonstel net 50 m van die Atlantiese Oseaan af in Mouillepunt en net 4 km van die promenade af.

Dié oopplan-ateljeewoonstel het 'n koningingrootte-bed en 'n verhewe leefarea met 'n gemaklike rusbank en 'n platskerm-TV met 'n volledige versameling DStv-kanale. Gratis WiFi word ook voorsien.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorgverblyf en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware in. Daar is ook 'n koffiemasjien en 'n wasmasjien. Die eetarea het sitplek vir 4 gaste. Die badkamer het 'n instap-reënstort, toilet en 'n wasbak.

Die woonstel is op die eerste vloer van die Mouille Grange-gebou in Kusweg en daar is 'n hysbak en 'n trap. Die woonstel het 'n aangewese parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek.

Daar is tenminste 4 restaurante en kafees minder as 500 m van die gebou af. Die Metropolitan-gholfklub en Groenpuntpark is net 100 m agter Mouille Grange en die Kaapstad Stadion is net 'n klein entjie se stap ver. Gaste kan lekker gaan stap, draf, fietsry en rolskaats al langs die Seepunt-promenade. Die V&A Waterfront is 1,2 km ver en Kaapstad Internasionale Lughawe is 23 km ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Mouille Grange 110 sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Badkamer

  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mouille Grange 110 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 R990 per nag (vir 2 mense)

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 2 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za