Joubertina Akkommodasie by Mount Africa | LekkeSlaap
+37

Mount Africa

  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Africa Guest Farm, Krakeelrivier, Joubertina, 6430, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R550 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Mount Africa is in die Joubertina-area geleë en bied gehalte verblyf wat ideaal is vir 'n gesin of groep vriende wat op soek is na 'n rustige wegbreek.

Die huis het 2 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n dubbelbed en en suite-badkamer het. Die ruim solderkamer het 4 enkelbeddens. Daar is 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetarea. Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, yskas, mikrogolfoond, ketel, broodrooster, breekware en eetgerei. Die huis het ook braaigeriewe en 'n patio waar gaste die sonsopkoms kan dophou voordat hul die dag se aktiwiteite aanpak.

Die huis het ook onderdakparkeerplek en braaihout en handdoeke word op versoek verskaf.

Die selfsorg-eenheid is op die Rockville-plaas in die Langkloofvallei langs die R62 geleë. Wanneer gaste die 4 km gruispad vanaf die hoofpad na die gasteplaas ry, kan die pragtige Kougaberge na die noorde en die Tsitsikammaberge na die suide gesien word.

Die gruispaaie mag dalk onveilig raak weens reën of ander natuurlike oorsake. Doen dus eers voor jou aankoms navraag oor die toestand van die paaie.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry

Hier praat ons

  • Afrikaans

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 26 resensies vir Mount Africa
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Mount Africa Guest Farm, Krakeelrivier, Joubertina, 6430, Oos-Kaap
  • Gaste dink Mount Africa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R550
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 14 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Mount Africa Guest Farm, Krakeelrivier, Joubertina, 6430, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAZwGGgbEYPyGAbXsOZX4wXwbUhwG1kzadNKEs2GZtq0fMEhTm6J?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R550  per nag (vir 2 persone) 26 5 1 5 Mount Africa Guest Farm Krakeel River 6430 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -33.836379619553 23.77425044775
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za