Mount Ceder

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mount Ceder is die perfekte naweekbestemming vir Kapenaars. Dis in die Sederberge geleë en bied 'n hele rits doendinge en verblyf-opsies. Mount Ceder is op die hoofroete wat deur die Sederberge strek en dis geleë in 'n vallei wat omsoom word deur ru, interessante en dramatiese berge aan alle kante.

Ons bied pragtige selfsorgkothuise met slaapplek vir 2 tot 6 gaste. Al die kothuise is toegerus met linne, handdoeke, eetgerei, breekware, 'n yskas, stoof en 'n mikrogolfoond. Daar is 'n kaggel binne en 'n braai buite elke kothuis. Mount Ceder het ook 3 kampplekke wat lekker ver uit mekaar is om jou privaatheid te verseker. Gaste moet hul eie tente en kampgereedskap saambring. Elke kampplek het sy eie ablusiegeriewe.

Vir diegene wat nie lus is vir kosmaak en selfsorg nie, is daar 'n restaurant met smullekker maaltye. Die aandete is 'n vaste spyskaart met 'n driegangmaaltyd wat 24 uur vooruit bespreek moet word. Doendinge sluit in kanovaart, staproetes, voëlkyk en swem in die rivier. Buiten die staproetes en swem op die perseel, is Mount Ceder ook binne ry-afstand vanaf verskeie ander besienswaardighede in die Sederberge en 4x4-roetes.

Die Sederberge is net 2½ uur se ry van Kaapstad af, maar tog is die landskap so anders as dié van die Moederstad. Dis wilder en warmer met 'n rou, dramatiese prag.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mount Ceder gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za