Mount Marula Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mount Marula Game Lodge bied tenthuise en is op 'n plaas in Thabazimbi geleë wat in privaat besit is. Dit is perfek vir gaste wat op soek is na gerieflike verblyf in die bos, terwyl hulle die unieke verskeidenheid wild kan bewonder en maaltye en wildritte ingesluit is.

Dié wildsplaas het 2 verblyfopsies: Tamboti Camp en Rockfig Camp.

Tamboti Camp het 4 tent-chalets wat smaakvol versier is. Elke chalets het 1 slaapkamer met 'n hemelbed (dubbelbed) en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Dié eenhede het elkeen 'n privaat patio waar gaste kan ontspan en die bosveld-skoonheid kan indrink. WiFi is beskikbaar en daar is ook 'n swembad. Kinders word nie toegelaat nie.

Rockfig Selfsorgkamp het selfsorgtente en elke tent het 2 enkelbeddens. 'n Gemeenskaplike kombuis en 'n aparte gemeenskaplike badkamer met storte is beskikbaar. Daar is ook 'n kroeg en boma-area.

Mount Marula Game Lodge bied 'n opwindende geleentheid om die buitelewe te geniet met verskeie geleenthede vir voëlkyk, wildkyk en bergklim.

Kenmerke

  •  Afrikaans

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mount Marula Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 120 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za