LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Mountain Cabin | LekkeSlaap
+42

Mountain Cabin

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 31 resensies vir Mountain Cabin
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5
Anton R - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Anton R
Saam met vriende

Dit is Paradys!

Die naaste wat 'n mens aan die Paradys kan kom op aarde. Mountain Cabin, geleë binne die Witzenberg Natuurreservaat, is 'n klipgooi van Wolseley en Tulbagh. 'n Goed ingerigte hot cabin met alle noodsaaklikhede om sorgeloos te kan ontspan en jouself inhaal. Met onbeperkte uitsig op die Witzenberge, die strelende geluid van die kabbelende stroompie, die poue wat roep in die verste, 'n valk wat op die lugstrome sweef, aebras, springbokke, rooihartebeeste, swaeltjies wat kom besoek aflê op die reling van die stoep, die geluide van 'n groot verskeidenheid voëls, en 'n uil in die nag wat jou 'n goeie nagrus toewens. Wat wil jy meer hê? Breek weg en kom haal jouself in. Kuier op die stoep, of maak 'n vuurtjie in die braailapa. As die son sak, omvou die donkerte jou en die naggeluide neem jou weg na `n ander wêreld.

Andre V - Nov 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Andre V
Saam met vriende

Ontlaaiend, ontspannend en rustig.

Die huisie is goed onderhou met 'n tikkie moderne en luukse elemente om die aardse gevoel in die mode te hou. Ons het gehou van die verskeie sit- en eet-plekkies in en om die huisie. Die bederfies met die beskuit en die bottel organiese wyn het ons tuis laat voel. 'n Besoek van die trop springbokke het bygedra tot die gevoel van na aan die natuur wees. Oor die algemeen, 'n A-plus naweek met verskeie kere se inloer (oproepe en WhatsApps) van die gashere. Welgedaan!

Dié resensie is vertaal,kliek hierom die oorspronklike weergawe te sien.

Unwinding, relaxing and peaceful.

The cabin is well-maintained with a touch of modern and luxury elements to combine the earthy feeling with trendiness. We liked the options of various seating and eating spots in and around the cabin. The spoils with rusks and a bottle of organic wine made us feel welcome. A visit from the herd of springboks added to the special feeling of being close to nature. All in all, an A-plus weekend with various check-ins (calls and WhatsApps) from the hosts. Well done!

Jy lees die oorspronklike resensie,kliek hierom die vertaalde weergawe te sien.

Jolize V - Okt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
3/5
Jolize V
Saam met vriende

A most magical place to hold hands with nature and its serenity.

Easy to locate and access. Well thought-through amenities, shaded parking for one vehicle and good quality bedding.

Marisa V - Aug 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Marisa V
Saam met eggenoot / lewensmaat

Onvergeetlike naweek.

Naweek was uit die boeke. As jy wil wegbreek van die stad se gejaag is dit die plek om rustig te word en net jou batterye te herlaai. Grootste bonus is dat jy jou hondekinders kan saamvat. Ons het heerlik gaan stap bedags met hulle en saans het hul geniet om voor die kaggel te lê. Ons gaan verseker volgende jaar weer.

Gezina M - Jul 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Gezina M
Gesin met tieners

Heerlike, rustige wegbreek in die natuur.

Baie gerieflike verblyf met ekstra klein bederfies by aankoms. Heerlike braai-area. Met die gasverwarmer, lugversorging en kaggel was daar geen kans om koud te kry nie en die beddens het heerlik warm geslaap. Die kinders het geniet om in die veld rond te stap tussen sebras en bokkies.

Brigid B - Apr 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Brigid B
Gesin met klein kinders

Beautiful cabin, gorgeous views, relaxing. A proper break from it all.

We had such a wonderful stay at Tulbagh Mountain Cabin. The cabin is beautifully equipped with everything you might need and includes some thoughtful extras like binoculars and walking sticks. Views are spectacular, lovely walks in the area, game viewing (buck and zebra) from your balcony. Our two young sons had a brilliant time exploring the area, so much so that they didn't watch the TV at all! It really was a wonderfully relaxing weekend. Hosts Deon and Karen responded immediately to any queries we had, nothing was too much trouble. We left our hiking stick at the cabin when we left and Karen arranged for it to be brought back to Cape Town for us, really going the extra mile.

Edna A - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Edna A
Saam met eggenoot / lewensmaat

Pragtig, skoon, netjies, hemelse stilte.

Ons het my skoonpa verras met sy 80ste verjaarsdag by Mountain Cabin en hy het dit verskriklik geniet. Die plek is pragtig skoon, netjies en perfek geleë met die mooiste uitsigte op die berge en diere. Ons was ook verras met die lekker bottel wyn wat ons begroet het met ons aankoms. Ons sal beslis weer bespreek, miskien in die hartjie van die winter!

Corlia D - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Corlia D
Saam met eggenoot / lewensmaat

Rus vir die siel.

Die cabin is baie mooi en netjies en goed ingerig vir gerieflike verblyf. Veral die kombuis is goed toegerus. Dit was heerlik om vanaf die groot dek die bokke en sebras dop te hou. Het ook die bottel druiwesap baie waardeer.

Kruger D - Mrt 2021
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Kruger D
Saam met vriende

Dit is baie rustig en baie mooi en die wilde diere naby jou is 'n bonus.

Ons vier vriende het die kostes gedeel en ons het die mooi omgewing baie geniet. As iemand wil wegbreek na stilte, ontspanning met eie geriewe, is dit die plek waar jy kan afsaal en geniet.

Tracey C - Jan 2021
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tracey C
Gesin met klein kinders

Enjoyed the beautiful surrounds, tranquil environment.

The cabin is beautifully decorated and well-equipped. It had everything we could possibly need for our stay. The managers and other staff (Nellie) were very helpful ensuring that we enjoyed our time at the cabin.

Tino C - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tino C

Wonderlike wegbreek.

Beslis waarde vir geld, bygesê, geld moet nie eens 'n opsie wees nie want die mooiheid en rustigheid kan nie gekoop word nie. Woorde kan dit nie beskryf. Doen jouself 'n guns en gaan net. Dit is 'n wonderlike plek, weg van die stadslewe en 'n goeie wegbreek. Pragtige uitsig na die wilde diere/berge. Die plek self is goed toegerus, baie netjies en skoon. Klientediens is ook baie goed. Dankie aan Nellie en Deon se behulpsaamheid en gasvryheid. 10/10.

Mountain Cabin's terugvoer

Hi Tino.
'n Hartlike dankie vir die wonderlike terugvoer. Dit was so 'n plesier om julle te kon huisves en hoop julle kom sommer weer vinnig terug.
Groete
Deon

Mountain Cabin
Riaan P - Nov 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Riaan P
Saam met vriende

Ongelooflike bestemming.

Ons het 'n ongelooflike tyd gehad in die Cabin. Skoon en netjies met pragtige uitsigte. Wit, kraakvars linne. Deon was 'n ongelooflike gasheer en het ons tydjie besonders gemaak.

Tina H - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tina H
Saam met vriende

Fantastiese plek vir n ruskans

Mountain cabin is n fantastiese keuse om weg te break vir rus. Die huisie is gerieflik, netjies en het pragtige uitsigte van die landskap, n paar zebras en bokke en voel lewe. Die hoof slaapkamer is baie mooi. Baie oulike braaiplek. Paar staproetes om die area beter te verken. Sal dit beslis aanbeveel.

Shauneen V - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Shauneen V
Gesin met tieners

Peaceful and refreshing.

What lovely, crisp, clean linen! Views for days and the little creek at the bottom is just so relaxing. Take your trail shoes and go for a run/walk. Plenty to do in the Witzenberg Valley. We will definitely be back.

Gavin F - Okt 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Gavin F
Gesin met klein kinders

Definitely worth a visit!

We enjoyed the tranquillity that the cabin offered and the wild animals grazing in full view, was such a treat. It is a well appointed cabin with everything you need for a break from the city. Thank you Deon for sharing this piece of heaven with us, we enjoyed our stay very much.

Cassel N - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Cassel N
Saam met vriende

Pragtig. View met diere awesome.

Heerlik gekuier. Nellie die skoonmaker was daar om ons te ontvangs. Sy's pragtig. Huisie perfek. Sal nie 5 mense gaan nie. Die vyfde bed is met baie styl trappies op en op die loft. Dis klein en gaan nie werk vir ouer mense of mense met hoogtevrees of engtevrees nie. Ons het nie ons welcome letter gekry nie en alhoewel die aanwysings op die webtuiste goed is, sal ek aanbeveel dat dit tog genoem moet word dat daar 'n hek is waardeur jy moet gaan om op die park te kom waar die cabin een van vele huisies is. Dan bel jy 'n selfoonnommer en die hek gaan outomaties oop. Ons het 'n rukkie gesukkel om in te kom. Maar Deon en Karen was baie behulpsaam en na vele oproepe is ons in. En het heerlik gekuier.

Mountain Cabin's terugvoer

Hi Fienie
Baie dankie vir die terugvoer en is ons baie bly dat julle die verblyf geniet het.
Ons adverteer die Cabin as slaap plek vir 4 mense en sal die derde bed op die "mezzanine" slegs voldoende wees vir n jong volwassene. As ons navrae het vir 5 mense maak ons seker dat ons die gaste in kennis stel van die ligging van die derde enkel bed wat dan gaste se keuse is om te bepreek of nie.
Ons is baie jammer dat julle nie die "Welcome Letter" gekry het nie, aangesien dit n belangrike dokument is wat ons na gaste toe stuur wanneer besprekings gemaak word. Ons sal in vervolg alle nommers kontak wat gegee is wanneer besprekings gemaak word.
Nogmals Dankie
Deon

Mountain Cabin
Annelies W - Sep 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Annelies W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Truly wonderful.

The cabin is truly a beautiful place to stay. It is so quiet and serene. I loved that there were a pair of monocular to watch the springbok, zebras, etc. Very clean and well maintained. We took our little doggy with and she enjoyed the nature tremendously. We will definitely come back to the cabin.

Mountain Cabin's terugvoer

Dear Annelies,

What a pleasure it was to host you for your stay.

Thanks again and looking forward to welcoming you back.

Warm regards,

Deon

Mountain Cabin
Dirk S - Jan 2020
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Dirk S
Saam met eggenoot / lewensmaat

Smaakvol en uiters netjies!

Mountain Cabin is in 'n asemrowende omgewing en baie goed geleë. Die cabin is uiters smaakvol ingerig en baie skoon en netjies.

Noelene H - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Noelene H
Gesin met klein kinders

Beautiful Swiss-type wooden mountain cabin.

Mountain Cabin is in a game reserve, beautiful views. Cabin is gorgeous with everything you need and very comfortable. We did loads of mountain biking and running which was perfect. Loved the fact that we could take our doggie as he is such an integral part of our family. Highly recommend a holiday there if you want to escape the city life!

Weizhong W - Des 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Weizhong W
Gesin met klein kinders

Fairy tale world.

Dream wooden house, unparalleled beauty, and unforgettable starry sky.

Mountain Cabin's terugvoer

Dear Weizhong,

Thank you for your kind feedback and we are truly happy you enjoyed your stay.

Deon

Mountain Cabin
Nelia M - Jul 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Nelia M
Saam met vriende

Berghut-bederf.

Mountain Cabin is 'n pragtige plekkie in ongelooflike area. By tye het ons gevoel soos Heidi en Peter in Switzerland met 'n bonus van sebras en springbokke wat voor die cabin wei. Alles was wonderlik skoon en gerieflik. Die elektriese komberse was 'n groot bederf in die yskoue.

Mountain Cabin's terugvoer

Goeie dag Nelia,

Baie dankie vir die wonderlikke terugvoer. Ons is so bly hulle het die verblyf geniet.

Tot volgende keer.

Deon

Mountain Cabin
Ursula W - Feb 2019
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Ursula W
Saam met eggenoot / lewensmaat

Baie lekker.

Baie oulike huis met alles wat mens benodig. Die huis is met net die beste toegerus, veral die kombuis. Die bokke wat voor die huis wei, was asemrowend. Iets waaraan stadsmense hulle kan verkyk vir ure. Die plek was geadverteer as 'n plaaswegbreek. Ek het verkeerde indruk gehad, gedink dit gaan net ons in die oopte wees en dat ons lekker met die honde kan gaan stap. Die huis is in 'n reservaat, met ander mense ook, so ek het die vryheid van met die honde los loop gemis. Daar is ook 'n ontspanningslokaal, en daar was elke aan 'n geraas en die hele Sondag ook. Nietemin was dit baie lekker, ons het dit baie geniet.

Johan V - Des 2018
Gemiddeld
Netheid
4/5
Diens
4/5
Ligging
4/5
Veiligheid
4/5
Waarde vir geld
5/5
Johan V
Gesin met tieners

Rustig en uit die stad se gewoel.

Presies waarna ons gesoek het op pad van besige Gauteng na ons Yzerfontein-vakansiebestemming. Deon was telefonies beskikbaar met goeie advies en aanwysings wanneer nodig.

Christa O - Nov 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Christa O

Puik!

Pragtige plekkie, het my elke aand verlustig aan die stroompie se kabbelende klanke!

Mariana B - Sep 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Mariana B
Gesin met klein kinders

Ontspannend en stresvry.

Wat ‘n rustige en ontspanne atmosfeer. Net om op die dek te sit, en die natuur en berge te besigtig en die stroompie te hoor en dan laatmiddag verras te word met springbokke wat wei word definitief aanbeveel om weg te kom van die daaglikse stres. Selfs ons honde kinders het die uitstappies in die veld geniet.

Mountain Cabin's terugvoer

Hi Mariana,

Baie dankie vir die wonderlikke terugvoer en is ek regtig bly julle het die verblyf geniet.

Groete,

Deon

Mountain Cabin
Jean-marie F - Aug 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Jean-marie F
Saam met eggenoot / lewensmaat

Mountain Cabin het al ons verwagtinge oortref!

Ons het so 'n aangename verblyf gehad, die kajuit is pragtig met alles wat mens benodig, maar die grootste verrassing was al die onverwagte wildlewe rondom die kajuit! Perfekte wegbreek om net bietjie te rus en die natuur te geniet! Ons sal beslis weer terug wees.

Mountain Cabin's terugvoer

Hi Jean-Marie

Wat n wonderilikke terugvoer. Ek is so bly julle het die Cabin geniet en sien uit om julle weer te onthaal.

Groete

Deon

Mountain Cabin
Amanda H - Jul 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Amanda H
Gesin met klein kinders

Mountain Cabin met all of our expectations and we will definitely recommend it to our friends.

We thoroughly enjoyed our stay at your most comfortable Mountain Cabin. The lovely view with zebra and springbok grazing in front if us and retiring at night with the sound of the gushing stream in our ears was absolutely delightful. Deon, thank you for sharing this special place with us.

Tanya B - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Tanya B
Saam met vriende

So geniet om in die rustige, beeldskone houthuisie in die natuur saam met vriende te bly!

Heerlike naweek saam met vriende in die beeldskone natuur net buite Tulbagh. Die hut is baie netjies en goed toegerus met 'n pragtige uitsig. Lekker om te gaan stap in die area. Internet beskikbaar op die televisie. Goed ingerig vir winter of somer wegbreek. Sal beslis weer teruggaan!

Wouter N - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Wouter N
Saam met eggenoot / lewensmaat

Heel aangenaam, rustig en 'n plekkie om siel skoon te maak.

Lekker gekuier. Gerieflik met min of meer alles wat jy nodig het. Pragtige uitsigte, lekker rustig en privaat. Stort is buite, nie regtig geskik vir die winter. Braaiplek is nie ideaal nie en 'n verwarmer sou welkom gewees het.

Mountain Cabin's terugvoer

Hi Wouter

Dankie vir jou baie positiewe terugvoer en is ons bly julle het julle verblyf geniet. Gelukkig is daar 'n badkamer met 'n bad vir daardie koue winter aande. Die braai area moes ook van die cabin af wees, aangesien enige vonke wat die wind kan vat, die grasdak aan die brand kan steek. Dit is maar net voorsorg.

Ons sal inkyk oor 'n verwarmer.

Vriedelike groete

Deon

Mountain Cabin
Carla O - Jun 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
4/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
4/5
Carla O
Saam met vriende

Oulike, privaat en cosy cabin in 'n prentjie mooi landskap!

Ons het 'n lieflike naweek gehad! Die natuurskoon is besonders mooi. Deon is baie behulpsaam, jy kan hom enige iets vra en hy help graag. Ons sal beslis weer besoek!

Carin S - Apr 2018
Gemiddeld
Netheid
5/5
Diens
5/5
Ligging
5/5
Veiligheid
5/5
Waarde vir geld
5/5
Carin S
Saam met vriende

Dit was 'n heerlike, rustige atmosfeer.

Indien jy opsoek is na 'n houthuisie in die bos, is dit die plek om te wees. Die rustige atmosfeer is net wat mens nodig het om 'n naweek weg te geniet. Die huisie is baie netjies en het als wat jy nodig het. Deon was ook baie vriendelik en is altyd beskikbaar om te kontak. Dit is beslis 'n plek om voor te stel aan ander.

Vanaf
R1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R1 750
per nag (plek vir 4)
Vanaf
R1 750
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
Voorkeurvennoot
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs Boontjiesrivier, Witzenberg Wildpark, Tulbagh, 6820, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa163b7a155b51887560b0550494dd21afff60cffa45a3d22971fc8861e1b5b64ca154045a81e9db2109e340f148337c36bd9?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750  per nag(plek vir 4) 31 5 1 5 Off Boontjies Rivier Witzenberg Game Park 6820 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -33.382172 19.209988
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!