Mountain View Manor

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mountain View Manor word hoog aanbeveel deur die AA. Dit word deur die eienaars, Charlise en Geoff Elske, bestuur om te verseker dat jy persoonlike gasvryheid op sy beste ervaar. Hierdie groot huis is onlangs omskep in 'n unieke, ruim gastehuis, en bied unieke dekor vir elke suite en leefarea, met kwaliteit en gemaklike meubels. Hier sal jy 'n heerlike nagrus ervaar. Charlise, 'n uitvoerende sjef, sal seker maak dat jou palet bederf word met haar unieke ontbyte en ligte maaltye.

Akkommodasie in die oostelike vleuel is in drie groot, dubbel en suite-slaapkamers. Dié vleuel het ook 'n gemeenskaplike kombuisie, 'n sonkamer en speletjieskamer met ongelooflike uitsigte van die berge. Die sitkamer het 'n kaggel, DStv en 'n biblioteek.

Die Sondek laat gaste toe om heerlik te ontspan met die klanke van brekende golwe in die agtergrond. Die westelike vleuel bestaan uit 'n gesinseenheid met drie slaapkamers (hoof en suite) en 'n oopplan-kombuisie/sitkamer, met 'n privaat patio en braaigeriewe.

Die gastehuis is ideaal vir kleiner groepies, paartjies of 'n gesinnetjie wat die area van hier af wil verken, vakansie wil hou of net vir 'n aand wil oorstop. Dis ook ideaal vir 'n klein konferensie of om 'n spesiale geleentheid te vier.

Mountain View Manor word deur 'n familie besit en bestuur. Dieselfde familie het twee ander gastehuise in die Magaliesburg, genaamd "Out of Africa" en "La Provence". Ons gasvryheid sal verseker dat jy as 'n vreemdeling aankom, maar as 'n vriend ons verlaat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Troeteldiervriendelik
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Speletjieskamer
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere Indien Gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Troeteldiervriendelik
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart

Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountain View Manor gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 100 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za