Mountview Spa & Gastehuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Sonnige hemel en soel dae, 'n kus van paradys onder die Afrikaanse hemel. Kom pamperlang jouself in die hart van Suid-Afrika se Moederstad, by Kaapstad se vierster Mountview Guest House en Spa.

Beskou ons plek as jou tuiste weg van die huis, waar jy werklik kan ontspan en jou siel herlaai. Ervaar 'n massering of ontspan net om die gedekte swembad met 'n komplimentêre drankie na 'n heerlike dag uit in Kaapstad, of versterk in die warrelwind in voorbereiding vir daardie romantiese of prettige aand uit in die stad.

Ons is sentraal geleë in Seepunt, 'n kort stap afstand van die strand promenade, lido, vervoer, restaurante en kroeë. Ons is 'n paar minute weg van die wêreld beroemde strande van Clifton en Kampsbaai.

Ons is 'n 5 minute se ry vanaf die Victoria en Alfred Waterfront en die stadskern asook die Internasionale Konferensiesentrum, ideaal vir beide toeriste en die sakepersoon.

Ons kamers is smaakvol gemeubileerd tot 'n besonder hoë standaard om aan elkeen van jou behoefte te voldoen.

Al die kamers is en suite met satelliet TV, haardroër, koffie- en teemaakgeriewe, plafonwaaiers, verwarmers, yskas, strandhanddoeke en ander klein ekstras om jou verblyf meer gemaklik en sorgvry te maak.

Draadlose breëband is ook beskikbaar met gratis internet toegang dwarsdeur die gastehuis.

Bekamp jou moegheid met 'n massering van jou keuse deur 'n professionele masseur. Voel verjong in die "whirlpool" wat uitkyk oor ons dek en swembad of ontspan net op 'n sonstoel, neem die uitsig in oor Signal Hill of lees van een van ons baie boeke.

Ons bied ook die beste sauna ervaring met ons heel moderne infrarooi sauna. 'n Totaal meer aangename ervaring as 'n konvensionele sauna, dit verhit jou liggaam eerder as die lug rondom jou en streel selfs die mees moeë en seer spiere.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  Swembad
  •  Jacuzzi
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Frans
  •  Portugees

Parkeerplek

  •  Parkering Op Die Straat

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mountview Spa & Gastehuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R995 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za