6 gaste
3 slaapkamers
4 beddens
2 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 97 Erika, Leeupoort Vakansiedorp, 0380, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Mufasa's Den is 'n bekoorlike selfsorg-vakansiehuis in Leeupoort Vakansiedorp en bied slaapplek aan 6 gaste wat op soek is na 'n rustige wegbreek.
Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die tweede badkamer het 'n stort.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond, lugbraaier, koffiemasjien, eetgerei en breekware toegerus. Daar is 'n aparte opwaskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Die sitarea het gemaklike sitplek en WiFi is beskikbaar.
Hierdie verblyf spog met 'n ruim stoep, privaat boma, houtvuurbad en 'n vuurput.
Leeupoort het 'n pragtige, openbare swembad (teen 'n ekstra koste), 'n restaurant, drankwinkel, slaghuis en algemene handelaar. Gaste kan ook op Saterdae aand die Parkrun deelneem, die natuurreservast besoek of wildritte bespreek.
Dít is wat jy hier sal kry
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Merlene Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
© LocationIQ Maps, OpenStreetMap Contributors
Tariewe en beskikbaarheid
Wat jy moet weet
- Selfsorg
'n Terugbetaalbare breekskadedeposito van R500 moet direk aan die eiendom betaal word.
Rook in die huis is verbode.
Respekteer asb. die bure en moet nie tussen 22:00 en 08:00 geraas maak of harde musiek speel nie.
Vullisverwyderingsdienste is nie in Leeupoort beskikbaar nie. Neem asb. jou vullis saam en gooi dit aan die linkerkant van Hek 3 voor julle vertrek.
Die huissleutels moet altyd in die gas se besit bly. Duplisering van sleutels is verbode. Plaas asb. die sleutels in die kluis by die voordeur voor julle vertrek en sluit die kluis.
Moet asb. nie oop vure sonder toesig laat nie. Maak seker die vuur is geblus voordat julle gaan slaap of die huis verlaat.
Die verblyf gebruik 'n rioolstelsel wat met 'n septiese tenk werk. Moet asb. nie enige vreemde voorwerpe of sanitêre items in die toilet afspoel nie. Vermy ook die gebruik van enige skoonmaakmiddels wat skadelik vir die rioolstelsel is.
Moet asb. nie die wild voer nie en moet hulle op geen manier versteur nie.
Die tarief sluit hektoegang vir 1 voertuig in. 'n Fooi van R100 per motor is op ekstra voertuie betaalbaar.
| Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
| Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 25%van die deposito word terugbetaal |
| Minder as 2 weke voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |