Mulberry House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Mulberry House bied verblyf in selfsorgkamers in die hartjie van Rondebosch in Kaapstad. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na 'n gerieflike oorslaapplek naby verskeie geriewe en besienswaardighede in die Suidelike Voorstede.

Mulberry House het 2 slaapkamers wat elkeen oor sy eie ingang beskik. Die kamers kan apart of saam verhuur word en elke kamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed wat ook opgemaak kan word as 2 enkelbeddens. Elke kamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, aparte bad, wasbak en toilet.

Elke eenheid beskik oor 'n kombuisie wat goed toegerus is vir selfsorg, gratis WiFi, 'n haardroër, 'n platskerm-TV met sekere DStv-kanale, paneelverwarmers, waaiers, en verhitte handdoekrelings.

Elke kamer het ook 'n komplimentêre gasvryheidskinkbord met tee, koffie, melk, ontbytgraan, beskuit en vrugte, en gaste is welkom om gebruik te maak van die soutwaterswembad en braaigeriewe op die perseel. Die swembad is nie omhein nie so dit is nie wenslik vir kinders onder 10 jaar nie, tensy gaste streng toesig hou. Veilige parkeerplek word agter 'n afstandbeheerde hek voorsien.

Mulberry House is naby Nuweland se krieket- en rugbystadions, Kelvin Grove Club en die Instituut vir Sportwetenskap. Die Cavendish Square Winkelsentrum in Claremont, Kirstenbosch Botaniese Tuin, Groote Schuur, die Rooikruis Kinderhospitaal en die Universiteit van Kaapstad is 10 tot 15 minute se ry van Mulberry House af.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Mulberry House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za