Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Mushashani Boskamp

Selfsorg
Langtermynverblyf-aanbod 10% af

Kry 10% af vir verblyf wat 5 nagte of langer is. Geldig vir verblyf vanaf 8 Jan 2024 tot 1 Apr 2024.

  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cromer-plaas, N1, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 460 R3 114 per nag, vir 11 mense

Beskrywing

Mushashani Boskamp is op 'n privaat 3100 hektaar-wildplaas, weerskante van die Sandrivier, +-10 km suid van Musina. Dit bied selfsorgverblyf aan gesinne of 'n groep vriende. Dit is ideaal vir natuurliefhebbers en diegene wat uit die gewoel van die dorp of stad wil wegbreek.

Let asb. dat daar 'n 6 km-plaaspad na die kamp is vanaf die N1. Voertuie moet verkieslik 'n redelike grondvryhoogte hê soos 'n SUV om by die kamp te kom, alhoewel gewone sedanmotors of minibusse wat nie te laag is nie ook sonder probleme by die kamp kan kom. Alhoewel 4x4 nie nodig is vir rondry nie, kan dit egter op sekere plekke op die plaas soos byvoorbeeld in sandslote of styl koppies nodig wees, alhoewel 'n mens ook op die meeste plekke met 'n gewone bakkie of SUV sonder 4x4 kan kom.

Die kamp beskik oor 3 rondawels met lugversorging en 2 enkelbeddens elk, asook 'n kamer met 6 beddens en lugversorging wat dus totaal 12 mense kan akkommodeer. Die kamp word as 'n eenheid bespreek maar tariewe hang af van die hoeveelheid gaste en aande. Daar is 2 badkamers waarvan 1 'n stort, toilet en 'n wasbak het en die ander 'n bad, toilet en wasbak het. Daar is ook 'n buitestort met 'n wasbak. Linne word voorsien maar gaste moet hul eie bad- en swemhanddoeke bring. Die kombuis is met 'n stoof, 2 yskaste, 'n 210 L-kisvrieskas, ketel, potte, panne, eetgerei en breekware toegerus. Die braai-area het ingeboude sitplek om die vuurmaakplek en 'n grasdak langs dit. Gaste kan hul eie kampstoele saambring. Hout is te koop of gaste kan hulle eie saambring.

Daar is nie 'n TV of WiFi nie en selfsoonsein is beperk by die kamp.

Die ou plaasdam, sowat 50m van die kamp, is omskep in 'n swemplek genaamd "Die Plasdam". Dit het 'n klipdek met ingeboude sitplek op dit.

Gaste kan self op die bestaande plaaspaaie ry, stap en fietsry. Daar is pragtige uitsigte van verskillende koppies en kranse oor die hele area. Die area en ook die spesifieke plaas is bekend vir 'n groot verskeidenheid fauna en flora, insluitend die majestueuse en misterieuse kremetartbome. Daar is luiperds, klein roofdiere en selfs van tyd tot tyd wildehonde. 'n Groot aantal spesies wild, van die skaars Sharpe's grysbok tot koedoes, elande, njalas, blouwildebeeste, klipspringers ens. sowel as 'n groot verskeidenheid voëls is te sien en menigte ander diere wat die bos bied. Interessante rotsformasies, insluitend die wêreldbekende Sandrivier-gneiss wat pragtig bloot lê in die rivier, is ook te sien.

Mushashani is vir Venda-woord wat losweg beteken: tydelike skuiling vir jagters terwyl hulle jag. Musina beskik oor 'n baie mooi en unieke gholfbaan teen bekostigbare tariewe vir besoekers. Mapungubwe en Tshipise kan maklik tydens daguitstappies besoek word.

Slaapplek

’n Bespreking by Mushashani Boskamp sluit in:

Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 5 persone
5 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Meer oor dié eenheid

  • Nie rook
  • Privaat ingang

Badkamer

  • Bad
  • Aparte toilet
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Opsomming van Resensie

3.8 uit 5van 3 resensies vir Mushashani Boskamp
Netheid
4.3/5
Diens
3.3/5
Ligging
4.3/5
Veiligheid
3.7/5
Waarde vir geld
3.3/5

Ligging

  • Cromer-plaas, N1, Musina, 0900, Limpopo
  • Gaste dink Mushashani Boskamp het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R3 460
R3 460 R3 114
per nag, vir 11 mense
Vanaf R3 460
R3 460 R3 114
per nag, vir 11 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 11 persone
  • Inkloktyd: 13:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Cromer-plaas, N1, Musina, 0900, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAcUqFN69MDNTly99QM3eZjra8MC4CNoYFHrWtak3C6aDDq3PR37?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R3 460 nouVanaf R3 114 per nag, vir 11 mense 3 5 1 4 Cromer Farm N1 0900 Limpopo 021 201 8901 13:00-17:00 10:00 -22.465215213395 30.045296763229