Rustenburg Akkommodasie by N4 Guest Lodge | LekkeSlaap
+37

N4 Guest Lodge

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 18, Kraalhoek, Rustenburg, 0300, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

N4 Guest Lodge is 'n bekoorlike gaste-lodge in die Donkerhoek/N4-area in die Rustenburg-omgewing. Dit is na aan al die omliggende myne. Rustenburg is bekend vir sy prag en natuurlike omgewing. N4 Guest Lodge weerspieël 'n gerieflike, natuurlike atmosfeer en is aan die voet van die Magaliesburg Bewaarde Natuurlike Omgewing. 'n Aand, naweek of vakansie hiér sal 'n onvergeetlike ervaring wees. Ons bied 'n ontspannende atmosfeer, persoonlike aandag, privaatheid, gesellige eenhede, lieflike maaltye (op versoek) en veiligheid.

Daar is 14 en suite-eenhede wat nie selfsorg is nie en wat slaapplek vir 36 gaste kan bied en hul eie ingange het. Let asb. daarop dat daar geen kombuise in dié eenhede is nie. Die venue- of konferensie-area kan 120 gaste akkommodeer. Gaste kry afslag op verblyf indien hul ook die venue bespreek.

Die lodge fokus meestal op kontrakteurs, maar maak ook voorsiening vir gesinne, sakereisigers, studente, wittebroodpaartjies en vakansiegangers, lang- of korttermynverblyf, oornag- of vakansieverblyf.

Gaste kan gerus van die braai-areas op die perseel gebruik maak, maar moet egter hul eie borde, messe, vurke, houtskool, vuuraanstekers, ens. saambring.

Die lodge is maklik om op te spoor, aangesien dit reg langs die N4-hoofweg, net 10 km buite Rustenburg se middestad, geleë is. N4 Guest Lodge dien as 'n op pad-verblyfopsie aangesien dit net 32,7 km vanaf Sun City is. Die N4 loop vanaf Pretoria na Mafikeng en word ook deur gaste gebruik wat na en van Botswana af reis.

Esmé of Jannie is die gashere van die lodge.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Dataprojektor
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 32 resensies vir N4 Guest Lodge
Netheid
3.9/5
Diens
3.8/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Deel 18, Kraalhoek, Rustenburg, 0300, Noordwes
  • Gaste dink N4 Guest Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Rustenburg Noordwes
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R700
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Deel 18, Kraalhoek, Rustenburg, 0300, Noordwes
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDI0MjE3ZWRmLTg1YjUtNDFiMS05NjcxLWFjZWYyYjIyZTZmYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (vir 2 persone) 32 5 1 4 Portion 18 Kraalhoek 0300 Noordwes 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.635 27.135416666667
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za