Kliprug Akkommodasie by Na Genoeg | LekkeSlaap
+25

Na Genoeg

2 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nr. 28, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
  • Vanaf R2 200 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Na Genoeg is 'n keurige strandhuis met bekoorlike uitsigte in Paternoster aan die Weskus. Neem asseblief kennis dat dit 'n openbare strand is wat baie besig en raserig gedurende die vakansie kan raak.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers wat slaapplek vir 6 gaste bied. Die hoofslaapkamer is met 'n dubbelbed ingerig en die ander 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet. Die ander badkamer wat gedeel word, het ook 'n stort, wasbak en toilet.

Na Genoeg beskik oor 'n oopplan-kombuis, -sitkamer en -eetkamer. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, gasstoof en elektriese oond, skottelgoedwasser, mikrogolfoond en koffie- en teemaakgeriewe. Die sitkamer spog met 'n binnebraai en 'n iPod-koppelstasie en 'n TV met DStv-kanale. WiFi is beskikbaar.

Buite is daar 'n patio met pragtige uitsigte en 'n braaier. Gaste het ook toegang tot parkeerplek van die straat af. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.

Slaapplek

’n Bespreking by Na Genoeg sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 2 resensies vir Na Genoeg
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.5/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Nr. 28, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Gaste dink Na Genoeg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 200
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nr. 28, Die Kom, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 6
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAArhB0EHyJVEgzN0bHQ4rY3vkVOil91vUP8mV5figcvMJDzInH3G?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 200  per nag (plek vir 6) 2 5 1 5 No 28 Die Kom 7381 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-16:00 10:00 -32.808720530201 17.888474017382
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za