Na Genoeg
Beskrywing
'n Voortreflike strandhuis met pragtige uitsigte, 3 slaapkamers, 2 badkamers, binne-kaggel, buite-braai en verhitte handoekrelings. Die slaapkamers sluit in 3 - 1x dubbelbeddens, 2 x 3/4-beddens, 2 x enkelbeddens.
Die eenheid/kamer het
Tariewe
Kamergeriewe
Meer oor hierdie kamer
- •Patio
Badkamer
- •En-suite
- •Stort
Elektriese Toebehore
- •Yskas
- •Mikrogolfoond
- •Oond
- •Stoof
Vermaak
- •Eksklusiewe dstv
- •Tv
Prys sluit in
Selfsorg
Huisreëls
Geen geraas of partytjies word toegelaat nie. Die eienaars behou die reg van voor om enige bespreking sonder teugbetaling te kanselleer, indien die reëls oortree word.
Let dat die huis op ’n openbare strand wat baie besig en raserig gedurende vakansies kan raak, geleë is.
Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie.
Geen kinders onder die ouderdom van 6 word toegelaat nie.
Die balans moet 7 dae voor die inklokdatum betaal word.
Geen gaste sal op Goeie Vrydag, Kersdag of Nuwejaarsdag kan inklok of uitklok nie.
Sleutel- en breekskadedeposito:
'n Sleutel- en breekskadedeposito moet saam met die deposito vir die bespreking betaal word. Dit sal via bankoorplasing binne 5 tot 7 werksdae ná die uitklokdatum, nadat die huis nagegaan is om te bevestig dat alles in orde is, terugbetaal word. Let dat die sleuteldeposito teruggehou sal word en ekstra fooie gehef sal word indien meer gaste as waarvoor bespreek is op die perseel aangetref word. Gaste moet asb. hulle bankbesonderhede met aankoms gee. Die sleutels sal onder geen omstandighede oorhandig word as die sleutel- en breekskadedeposito nie ontvang is nie.
Minimum-verblyftydperk:
2 nagte gedurende die stil- en middelseisoen
3 nagte oor langnaweke
4 nagte oor Paasnaweek
7 nagte gedurende die spitsseisoen
Gaste moet eers by die kantoor inklok om die sleutels op te tel. Wanneer gaste by Paternoster inry,moet hulle links by die vierrigtingstopstraat draai. Die "Stay in Paternoster"-kantoor is sowat 75 m verder, aan die regterkant, by St Augustine-weg 87.
Inkloktyd:
Let dat 'n fooi van R200 gehef word, indien gaste later inklok as die tyd wat op die bepalings en voorwaardes aangedui is.
Maandag tot Donderdag: van 14:00 tot 17:00
Vrydag: van 14:00 tot 19:00
Saterdag en Sondag: van 14:00 tot 16:00
Openbare vakansiedae: van 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: Stiptelik om 10:00 op die uitklokdatum, tensy anders gereël. Enige eenheid wat nie teen 10:00 ontruim is nie sal R200 per uur, of 'n gedeelte daarvan, beboet word vir elke uur wat die uitkloktyd oorskry word.
Kansellasiebeleid - Pasgemaak
Meer as 1 maand voor die inkloktyd | 85%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 2 weke voor die inkloktyd | 50%van die deposito word terugbetaal |
Meer as 1 week voor die inkloktyd | 20%van die deposito word terugbetaal |
Minder as 1 week voor die inkloktyd | 0%van die deposito word terugbetaal |
- Kapasiteit: 6 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Die Kom 28, Seeduikerstraat, Paternoster, 7381, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom