Hazyview Akkommodasie by Nabana Lodge | LekkeSlaap
+46

Nabana Lodge

Lodge
Winteraanbod 10% af

Kry 10% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Mei 2020 tot 31 Jul 2020.

  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 137 Plaas Burgershall, JU 21 Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 172 R1 055 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Nabana Lodge word omring deur piesangplantasies en is naby Hazyview geleë. Die lodge het ongelooflike uitsigte oor die oostelike platorand. Nabana word deur 'n klein familie bestuur en ons is passievol daaroor om te verseker dat ons gaste se ervaring onvergeetlik is en alle verwagtinge oortref. Ons verwelkom ook graag kinders en maak graag voorsiening vir hulle.

Ons geriewe sluit skoon en gerieflike 3-ster-kamers met en suite-badkamers en kamergeriewe soos 'n TV met DStv-kanale, 'n plafonwaaier, kluisie, mikrogolf en koffie- en teemaakgeriewe in. Al die kamers kyk uit oor die platorand met pragtige uitsigte na die ooste. Elke kamer het 2 enkelbeddens, behalwe 1 kamer het 'n dubbelbed. Twee van die eenhede is skakelkamers wat ideaal is vir gesinne met kinders.

Ander geriewe sluit 'n lekker kroeg, Wild Thyme Restaurant, WiFi in gemeenskaplike areas, 'n kristalhelder swembad in lieflike tuine, 'n veilige speelarea vir kinders en 'n groot parkeerterrein direk van die hoofstraat af in.

Die kroeg op die perseel is 'n gunsteling-plek onder plaaslike inwoners, sakereisigers en toeriste om gesellig te verkeer en 'n yskoue drankie te geniet. Vir sportgeleenthede is daar 'n grootskerm-TV. Thyme Restaurant word besit deur Paul Shepherd, 'n internasionaal gekwalifiseerde en ervare sjef. Geniet maaltye op die dek wat uitkyk op die tuine of binne die kroeg. Die spyskaart bied verskeidenheid, maaltye is billik en daar word voorsiening gemaak vir die jongspan.

Nabana Lodge is direk op die R40 tussen Witrivier en Hazyview geleë met maklike toegang tot die groot parkeerarea. Gaste kan ook hul voertuie by die kamers parkeer. Dis 'n veilige omgewing, siende dat dit omring is deur 'n plaas met 'n elektriese heining en 'n nagwag om jou gerus te stel.

Nabana Lodge is 'n toevlugsoord vir voëls soos die heuglinjanfrederik, paradysvlieëvanger, Kaapse glasogie en 'n hele paar uilspesies. Vlermuise en palmwindswaels bly heerlik saam in die palmboom naby aan die dek. Daar is 'n lys van voëlspesies in die area by ontvangs beskikbaar vir ywerige voëlkykers. Daar is 12 palmspesies in die tuine, van die bottelpalm tot die majestueuse koningspalm.

Ons is ideaal geleë op die Panoramaroete, met die naaste hek van die Krugerwildtuin net 23 km van ons af. Sabie, Pelgrimsrus, en Graskop met sy lieflike watervalle en God's Window is ook naby. Daar's talle doendinge vir die avontuurvrate in die omtrek. Daar is ook heelwat doendinge vir avontuurvrate in en rondom Hazyview, van avontuursport soos witwatervlotvaart en boomtoptoere tot gholf en interaksie met olifante.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Kroeg
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Wasgoeddiens
  • Troeteldiere indien gereël
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.1 uit 5van 15 resensies vir Nabana Lodge
Netheid
4.1/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.0/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
3.6/5

Ligging

  • Portion 137 Plaas Burgershall, JU 21 Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Gaste dink Nabana Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R1 172
Vanaf R1 055
per nag (vir 2 persone)
was R1 172
Vanaf R1 055
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Portion 137 Plaas Burgershall, JU 21 Kiepersol, Hazyview, 1241, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAeEEFBNK5eYdiCdzLpFZhcC48JhCsH7zyUK4hkthMDpadCWyuSC?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 172, nou Vanaf R1 055  per nag (vir 2 persone) 15 5 1 5 Portion 137 Farm Burgershall JU 21 Kiepersol 1241 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-20:00 10:00 -25.099901 31.069204
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za