Naboomspruit Akkommodasie by Naboomfontein Gastehuis | LekkeSlaap
+52

Naboomfontein Gastehuis

  • Kapasiteit: 556 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naboomfontein Plaas, 25 km vanaf Naboom na Potties op die R101-pad, Mokopane, 0600, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R350 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Naboomfontein Gastehuis is op 'n familieplaas, sowat 23,5 km vanaf Mookgophong, voorheen bekend as Naboomspruit, in Limpopo geleë. Dit is gerieflik geleë op die R101 tussen Naboomspruit/Mookgophong na Pietersburg/Mokopane en 2,5 ure se ry van Johannesburg af.

Verblyf word in verskillende, losstaande eenhede wat volledig toegerus is vir selfsorg aangebied. Paartjies, groot en klein groepe van tot 180 gaste kan geakkommodeer word - ideaal vir skoolgroepe.

Huis Oefendal is 'n vyfslaapkamerhuis. Die hoofslaapkamer het 5 driekwartbeddens, 'n en suite-badkamer en 'n instapkas. Elkeen van die ander 4 kamers het driekwartbeddens. Daar is 'n aparte toilet, bad en wasbak. Die sitkamer het 'n TV met sekere DStv-kanale, daar is 'n oopplan-kombuis met 'n mikrogolf, yskas, stoof en kombuisware, en die eenheid het ook 'n stoep.

Daar is 4 eenhede wat elkeen slaapplek vir 4 gaste bied. Elkeen van hierdie eenhede het 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens in die kamers, en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die kombuis en leefarea is oopplan en die kombuis is toegerus met 'n mikrogolf, yskas, gasstoof en kombuisware.

Die rugsakreisigersverblyf is ideaal vir groter groepe, aangesien daar slaapplek is vir tussen 70 en 100 gaste. Daar is 7 kamers, elkeen met 5 slaapbanke en slaapplek vir 10 gaste per kamer. Daar is 15 ekstra slaapbanke in die oop area. Die eenheid het aparte badkamers vir mans en dames. Die mansbadkamer het 1 bad, 4 storte, 2 toilette en wasbakke; die damesbadkamer het 1 bad, 4 storte, 2 toilette en wasbakke. Daar is ook aparte ablusieblokke met 8 storte, 8 toilette en 4 wasbakke. Ander geriewe sluit 'n pooltafel, tafeltennistafel en 'n gimnasium-area beskikbaar.

Daar is 2 aparte eenhede, Berguise, wat elkeen slaapplek vir 'n minimum van 20 gaste het. Dit is ideaal vir die meer avontuurlustige gaste wat van die berge en die bos hou. Die eenhede deel 'n bosboma waar gaste van die braaigeriewe gebruik kan maak. Dit bied 'n egte bosveld-ervaring met die berg reg langs jou.

Gedurende die reënseisoen vloei daar 'n stroompie tussen die twee berge deur na die einde van die plaas toe.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 12 resensies vir Naboomfontein Gastehuis
Netheid
4.4/5
Diens
4.4/5
Ligging
3.9/5
Veiligheid
4.2/5
Waarde vir geld
4.2/5

Ligging

  • Naboomfontein Plaas, 25 km vanaf Naboom na Potties op die R101-pad, Mokopane, 0600, Limpopo
  • Gaste dink Naboomfontein Gastehuis het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R350
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R350
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 556 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Naboomfontein Plaas, 25 km vanaf Naboom na Potties op die R101-pad, Mokopane, 0600, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGM3ZTU3ZWJmLTk3MGMtNGIwZS1hYWE3LThlODE1YjEzYWM2Yg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R350  per nag (vir 2 persone) 12 5 1 5 Plaas Naboomfontein 25km van Naboom na Potties op R101 pad 0600 Limpopo 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -24.353657425709 28.845317609787
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za