Namushasha River Lodge
Kry 15% af. Geldig vir verblyf vanaf 6 Feb 2024 tot 30 Jun 2024.
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 50 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Namushasha River Lodge, Suid van die Kongola, Caprivi, Kongola, 0000, Zambezi
-
Vanaf
R5 470R4 650 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Namushasha River Lodge bied verblyf in 'n lodge wat 25,3 km suid van Kongola in Namibië geleë is. Die lodge skuil aan die oewer van die Kwandorivier en bied 'n uitsig oor die seekoei-poel. Daar is meer as 300 opgetekende voëlspesies wat gaste hier kan besigtig, om nie te praat van die wonders van die Zambezi-streek met die olifante, seekoeie, waterlelies en die magiese Afrikabos nie. Hier kan gaste die rietpaddas hoor kwaak, die gesnork van die seekoeie aanhoor en luister hoe die bootjies rustig oor die waters vaar.
Namushasha River Lodge bied B&B-verblyf in 25 chalets wat elk 'n gemaklike bed, 'n muskietnet, 'n privaat badkamer, koffie- en teemaakgeriewe en 'n privaat stoep voor die kamer het. Gaste het ook toegang tot 'n gemeenskaplike swembad.
Die lodge se indrukwekkende sentrale ingang is in 'n Afrika-styl versier met 'n hout kandelaar en houtsneewerk van talle diervorme. Dié ingang lei gaste na die lodge wat tussen die bome geleë is. Die eetkamer het 'n hoë rietdak en spog met 'n uitsig oor die rivier.
Gaste kan die plaaslike, tradisionele dorpies besoek om te sien hoe plaaslike inwoners mandjies vleg en hout kerf. Teen ekstra koste kan gaste 'n bootvaart op die Kwandorivier ervaar, met 'n boot op 'n wildvaart na die Bwabwata Nasionale Park gaan en die area met 4x4's verken. Hier kan gaste olifante, buffels, kameelperde en sebras sien, om maar net 'n paar te noem. Visvangtoere, begeleide en onbegeleide staproetes is beskikbaar. Sterrekyk is ook op versoek beskikbaar. Mudumu Nasionale Park is 41,2 km van die lodge af en gaste kan ook met hul eie 4x4 soontoe ry.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Stephanie Geverifieer
Eiendomme 42
Resensies 77
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Namushasha River Lodge, Suid van die Kongola, Caprivi, Kongola, 0000, Zambezi
- Kapasiteit: 50 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Namushasha River Lodge, Suid van die Kongola, Caprivi, Kongola, 0000, Zambezi