Natural Getaways
Beskrywing
Natural Getaways bied gerieflike verblyf in 'n verwelkomende gastehuis met konferensiegeriewe. Dit hotel is sentraal geleë in Midrand tussen Johannesburg en Pretoria en dit is net 'n halfuur se ry van OR Tambo Internasionale Lughawe af. Natural Getaways bied rustige verblyf vir sakereisigers en vakansiegangers met maklike toegang tot sakegeriewe, doendinge en besienswaardighede.
Verblyf word aangebied in 29 en suite-gastekamers met 2 konferensiesale met lugversorging. Die Protea-konferensiekamer het sitplek vir 150 gaste en die Daffodil-konferensiekamer het plek vir 50 afgevaardigdes. Elke kamer het 'n TV en die luukse en superieure kamers het lugversorging en verhitting. Gaste het toegang tot WiFi in sekere areas, 'n gemeenskaplike swembad, pragtige tuine en veilige parkeerplek. Ontbyt, middagete en aandete kan op versoek bedien word.
Natural Getaways het die ideale ligging en met verblyf en konferensiegeriewe op dieselfde perseel is dit perfek vir enige doel. Die plekkie is in 'n landelike area en tog het dit moderne geriewe en is dit slegs etlike minute van die hartjie van Midrand af.
Kenmerke
- Swembad
- Veilige Parkering
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Konferensiegeriewe
Hier praat ons
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Wegbreekkamers
- Blaaibord
- Witborde
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
- Plek vir tot 30 afgevaardigdes
- Plek vir tot 50 afgevaardigdes
- Plek vir 50 of meer afgevaardigdes
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Natural Getaways gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |