Nature's View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nature's View bied gerieflike verblyf op 'n plaas aan die voet van die Sederberge op die Olifantsrivier se oewer.

Daar is 3 selfsorg-eenhede en 'n kampterrein met 20 staanplekke. Daar is 3 Wendy-huisies op die perseel. 2 van die Wendy-huisies het dubbelbeddens en beskik oor basiese selfsorggeriewe. Die derde eenheid het slaapplek vir 4 persone. Dit beskik oor 'n dubbelbed en 2 enkelbeddens, privaat badkamer en kombuis met basiese selfsorggeriewe. Die kampstaanplekke het kragpunte, braai-areas en ruim ablusiegeriewe. Ander geriewe op die perseel sluit 'n swembad, kroeg, speelparkie en parkeerplek in.

Daar is tientalle doendinge in die omgewing, soos voetslaan, swem, kajakvaart, visvang, verfbal en voëlkyk op die plaas.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nature's View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za