'NdaBushi

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

'NdaBushi is 'n selfsorghuis in die Marlothpark-bewarea aan die suidelike grens van die Krugerwildtuin. Gaste kan die rustigheid van die bos en wild wat vrylik tussen die huise rondloop geniet.

Die dubbelverdiepinghuis bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging, 'n solder en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer op die boonste verdieping het 'n koningingrootte-bed en toegang tot 'n badkamer met 'n stort. Die solderarea het 2 enkelbeddens, 'n slaapbank en 'n losstaande waaier. Die tweede slaapkamer op die onderste verdieping het 2 enkelbeddens en toegang tot die tweede badkamer met 'n stort en 'n bad.

Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, stoof, oond en 'n wasmasjien. Die leefarea langsaan het lugversorging en 'n TV met DStv. Gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Die huis het ook 'n dek met 'n buitestort. Daar is ook 'n lapa met 'n braai-area en 'n plonspoel.

Die Krokodilbrug-ingangshek na die Krugerwildtuin is sowat 20 minute weg. Daar is verskeie restaurante waar gaste kan gaan eet.

Slaapplek

'n Bespreking by 'NdaBushi sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry
  •  Wildkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na 'NdaBushi gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 175 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false