Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Ndlovu Addo River Lodge

  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Ndlovu Addo River Lodge bied rustige oornagverblyf langs die Sondagsrivier, 20 km buite Kirkwood. Dit is 'n eko-vriendelike lodge 30 minute vanaf die Addo Nasionale Olifantpark en dis ideaal vir 'n romantiese wegbreek.

Hierdie pragtige lodge bied verblyf in 5 oopplan-kothuise met lugversorging en 'n struktuur-safaritent met lugversorging wat op die rivieroewer geleë is. Elke kothuis bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed met gehaltelinne. Kothuis 1 tot 4 het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n stort en die vyfde kothuis se badkamer het 'n bad en 'n stort.

Elke kothuis beskik ook oor 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskassie, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Kothuis 5 is ideaal vir 'n wittebrood aangesien dit met 'n privaat Jacuzzi op die stoep spog. Al 5 kothuise het privaat braaigeriewe.

Die Safari-tent bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n instapstort. Die tent het ook 'n kombuisie wat met 'n lugbraaier, yskassie, eetgerei, breekware en 'n Nespresso-koffiemasjien toegerus is. Buite is daar 'n lieflike houtdek met sitplek en 'n uitsig oor die see. Gratis WiFi is in elke eenheid beskikbaar.

Ndlovu Addo River Lodge is ideaal vir natuurliefhebbers aangesien apies en voëls gereeld die lodge besoek. Alle gaste het toegang tot die hooflodge se gemeenskaplike swembad. Bevrore maaltye is teen 'n ekstra koste beskikbaar en kan in die eenheid gekook word. 'n Kontinentale ontbytmandjie kan ook op versoek gereël en afgelewer word.

Kenmerke

Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wildritte
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Engels
  • Frans

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 5 resensies vir Ndlovu Addo River Lodge
Netheid
4.6/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Luc Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 5

Jaar gelys 1

Ligging

  • Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
  • Gaste dink Ndlovu Addo River Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R336, Dunbrody Addo, Kirkwood, 6120, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9009bc9e79633c81244c3be5aca683a3745403d4c3a77955fbcc835f408c4edeff8a15edba5744ac803530b049c523092e67?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 Off the R336 Dunbrody Addo 6120 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.44435 25.517718
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem