Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Neels in Rocklands

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R364, Lorraine-plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Neels in Rocklands is op die plaas Lorraine in die noordelike Sederberge geleë. Die opstal is 35 km waarvan 31,5 km teer en 3,5 km goeie grondpad is, vanaf Clanwilliam op die R364 en net 5 km vanaf Travellers Rest padstal en die Sevilla rotskunsroete. Die pad vanaf Clanwilliam gaan oor die Pakhuispas wat gaste pragtige vistas terug na Clanwilliam en vorentoe na die Hantamberge bied. Die eienaars woon in die agterste gedeelte van die huis met 'n aparte ingang. Hulle is altyd beskikbaar om enige navrae of probleme van gaste te hanteer, maar respekteer absoluut gaste se privaatheid.

Dié semi-afgesonderde eenheid het 2 slaapkamers met privaat badkamers wat apart of teen 'n afslagprys gesamentlik bespreek kan word. Gedurende sekere tye van die jaar is die ateljeewoning met 'n koninggrootte-bed ook vir gaste beskikbaar.

Beide Piet se kamer en die Blou kamer het 'n dubbel- en 'n enkelbed en Piet se kamer het ook 'n 3-enkelbedopsie. Die kamers lei na 'n gemeenskaplike oopplan-leef- en eetarea met 'n kaggel wat gaste ook kan benut as 'n binnebraai. Die twee slaapkamers en die leefarea het lugversorging. Die gemeenskaplike kombuis is toegerus met 2 yskas-vrieskaste, gasstoof, elektriese oond sowel as 'n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die kombuis bied 'n pragtige uitsig op die berge en oor die plaasdam.

Die onderdakstoep het braaigeriewe en buitemeubels. Gratis hoëspoed-WiFi en volledige DStv sowel as MTN-opvangs is beskikbaar. Neels het ook 'n tuin met 'n wye verskeidenheid van vrugte en groente. Soos wat die tuin in produksie kom kan gaste binne perke self werklike vars/ryp produkte vir hul eie gebruik gedurende hul verblyf oes.

Ongeveer 200 m vanaf die perseel is daar 'n groot (6,5 hektaar) plaasdam waar 'n pragtige drywende platform met 'n groot platboom-kano vir gaste beskikbaar is. Verder is daar ook 'n visstok vir gaste wat wil visvang.

Die verblyf is op 'n werkende plaas gesetel wat gaste die geleentheid bied om interessante plaasbedrywighede te besigtig. Die Rocklands area is een van die drie topbestemmings vir kloofklim in die wêreld. In die klimseisoen wat van Junie tot Augustus strek kan gaste topklimmers vanoor die hele wêreld in aksie sien. Vanaf Neels loop daar ‘n totaal van 64 km se stap- en fietsryroetes wat wissel in lengte van 1,6 km rondom die plaasdam tot 21 km na die mees afgesonderde deel van Lorraine. Op die roetes kan gaste hul verlustig in pragtige rotsformasies en ongerepte natuur. Met 'n bietjie geluk kan hulle ook twee troppe elande raakloop. Die Sederberg-wildernisgebied met sy skouspelagtige rotsformasies en staproetes is slegs 16 km van Neels af. Neels is ook baie sentraal geplaas vir blommekykers met betrekking tot bekende areas soos die Biedouwvallei, Nieuwoudsville en die Knersvlakte rondom van Rhynsdorp.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Dataprojektor
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 15 resensies vir Neels in Rocklands
Netheid
4.9/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • R364, Lorraine-plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Neels in Rocklands het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: R364, Lorraine-plaas, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAABmwr11AhHt0b3ZnYuZxDqLy9HISQP9MrQkv2yx859U1GFPZRGn?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 2 mense 15 5 1 5 R364 Lorraine Farm 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.0515 19.049416666667