Nelspruit Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nelspruit Lodge bied gerieflike verblyf sowat 2 km vanaf Nelspruit se middestad en hospitale. Die hoofroetes na Mosambiek en die groter Laeveld is ook maklik van hier af bereikbaar. Die lodge is net 10 minute vanaf I'Langa Mall en Emnotweni Casino en is 'n ideale oorslaapplek vir sakereisigers en vakansiegangers.

Verblyf is beskikbaar in 14 kamers met 'n keuse tussen standaard kamers, executive kamers, kamers met slaapplek vir 3, gesinskamers en 1 selfsorg-eenheid. Elke kamer het 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed, sekere DStv-kanale, 'n en suite-badkamer, lugversorging, waaier, verwarmer, koffie- en teemaakgeriewe en 'n kluis. Die lodge word beveilig deur 24 uur-geslotekringtelevisie, sekuriteitsdiens en toegangsbeheer en bied veilige parkeerplek.

Nelspruit Lodge bied braaigeriewe, 'n swembad, WiFi, 'n restaurant en 'n konferensiesentrum. Ons uiters moderne konferensiesentrum kan tot 50 afgevaardigdes akkommodeer en beskik oor al die nodige geriewe om van jou konferensie of werkswinkel 'n dawerende sukses te maak. Konferensiegeriewe sluit 'n interaktiewe witbord, oorhoofse projektor, fotokopieerder, faksmasjien, klankstelsel, lugversorging, dataprojektor en WiFi in. Middag- en aandete word by die lodge se restaurant bedien, gerieflik vir konferensiegangers.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Baarshengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nelspruit Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R791 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za