Ngena Guest House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ngena Gastehuis is geleë in 'n stil woonbuurt in Centurion, Gauteng. Die gehalte van hierdie gastehuis word erken deur die AA en dit bied gerieflike akkommodasie vir reisigers wat op soek is na rus en vrede weg van die stad se gedruis af.

Die gastehuis het 7 slaapkamers, elk met 'n en suite-badkamer en 2 enkelbeddens of 'n dubbelbed. Elke kamer is toegerus met 'n TV (met sekere DStv-kanale), 'n waaier en verwarmer, 'n yskassie en koffie- en teemaakgeriewe. Elektriese komberse word voorsien gedurende die winter en WiFi is beskikbaar in al die kamers en die gemeenskaplike areas. Verder is daar 'n gemeenskaplike swembad, vermaak-area en 'n veranda met 'n gasbraaier en 'n uitsig oor die swembad. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Ngena Guest House het 'n kragopwekker so beurtkrag is nie 'n probleem nie, en 'n klein winkelsentrum en ABSA OTM is net 'n entjie se stap van die gastehuis af. Die plaaslike Gautrain-bushalte is net 150 m van Ngena Guest House af en bied gerieflike toegang tot Midrand, Johannesburg en Pretoria.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ngena Guest House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R900 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za