Nicorene

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nicorene is 'n omgewingsvriendelike instansie in Durban wat daarna streef om die koolstofvoetspoor te verminder, sonder om uitstekende diens in 'n natuurlike omgewing prys te gee. Die eiendom is in die groen, blaarryke voorstad Yellowwood Park. Dis 'n gerieflike rusplek vir sakereisigers, sonder die gejaag en gedruis van die besige stadslewe.

Ons akkommodasie bestaan uit 3 dubbelkamers met 'n en suite-badkamer of 'n aparte, privaat badkamer. Daar is ook 2 selfsorg-opsies: 'n gesinskamer/rugsakreisigerskamer met slaapplek vir tot 5 gaste en 'n woonstelletjie met slaapplek vir tot 4 gaste. Geriewe beskikbaar vir gaste wat oorbly by Nicorene sluit gebruik van die swembad, pooltafel en braaiplek in. Veilige parkeerplek op die perseel met outomatiese hekke is beskikbaar vir gaste.

Daar is 'n houtdek wat uitkyk oor die Kenneth Stainbank Natuurreservaat en gaste die geleentheid bied om die aapstreke van die blouapies te aanskou wat in hierdie rustige, boomryke woonbuurt voorkom. Die pragtige natuurreservaat met sy rivierwoud en grasveld langs die kus, is die tuiste van oor die 200 voëlsoorte en talle klein soogdiere. Nicorene is minder as 5 km van Durban se suidelike industriële gebied af (Mobeni, Jacobs en Prospection) en 14 km van Durban se stadskern af.

Die instansie bied ook akkommodasie vir vakansiegangers wat naby die strand, sand en see wil wees.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nicorene gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R840 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za