Nomndeni de la Changuion

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Indien jy op soek is na 'n elegante, vriendelike gastehuis in Johannesburg, dan bied Nomndeni de la Chanquion die perfekte oplossing vir 'n lang- of korttermyn vakansie of besigheidsbesoek.

Gerieflik geleë in die hip voorstad van Melville, kunsdistrik van Johannesburg, stapafstand van die gewilde 7de laan wat bekend is vir straat kafees, restaurante, naglewe, kunsgallerye, geskenk boetieks en antiek winkels.

Al die tema versierde en stylvolle gastekamers is toegerus met en suite-badkamers en moderne geriewe soos mini-kroeë, satelliet-TV, haardroër en gratis WiFi. Tee- en koffiemaakgeriewe ook beskikbaar.
Begin jou dag met 'n volle Engelse ontbyt, voorberei volgens jou behoefte en bedien in ons eetkamer of stoep
Die vermenging van antieke en modern-klassieke meubels skep 'n intieme en stylvolle-sjiek voorkoms in hierdie historiese en sjarmante Victoriaanse herehuis.
Ons het gemaklike toegang tot die M1 en N1 hoofroetes. Ons is naby die Universiteit van Johannesburg "UJ". Wits, Media 24, die SAUK, Milpark Hospitaal en Garden City Kliniek. Ons is minder as 10 km weg van die FNB en Coca Cola Stadiums en inkopie sentrums soos Campus Square Cresta, Sandton City of Rosebank. Toeriste kan Johannesburg se nabygeleë aantreklikhede soos die Apartheids Museum, Mark Teater, Newtown, Soweto, Johannesburg CBD en handwerk stalletjies, verken. Toere kan gereël word om aan te pas by kliënte se behoeftes.
Ons voorsien ook bekostigbare vervoer vanaf OR Tambo Lughawe, Gautrein stasies en in Johannesburg omgewing. Ons is 25 km vanaf die lughawe waar gratis, veilige parkering vir ons gaste gereël is.
Wanneer gaste nie besig is om omliggende areas te verken nie, kan gaste ook ontspan by hierdie gastehuis en gebruik maak van die vele fasiliteite soos die tuin met braai area of die stoep.

Besienswaardighede of attraksies:
* Melville 7de Laan - 600 m
* Melville Koppies - 200 m
* Emmerentia Botaniese Tuine - 5 km
* Rosebank Mall and Curios - 8 km
* Sandton City & Nelson Mandela Square - 10 km
* Apartheid Museum - 10 km
* Newtown - 5 km
* Johannesburg CBD - 8km
* Soweto - 15 km
* Coca Cola Stadium - 8 km
* FNB Stadium (Soccer City) - 15 km
* Rand Show - 20km
* Cradle of Human Kind & Strerkfontein Grotte - 30 km
* SAUK - 3 km
* Universiteit van Johannesburg - 3 km
* WITS - 5km
* Milpark Hospitaal - 3 km
* Garden City Klinic - 5 km
* Parklane Klinic - 5 km

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nomndeni De La Changuion gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za