Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Nooitgedacht Trout Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nooitgedacht-plaas 153JT, Finsbury-weg, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R4 140 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Nooitgedacht Trout Lodge is 'n luukse lodge wat in 'n natuurreservaat in die hartjie van Suid-Afrika se wildernis geleë is. Dis die perfekte plek vir 'n romantiese wegbreek, 'n kunsvlieghengel-uitstappie, korporatiewe dinkskrum of 'n strategievergadering, en dis 'n eksklusiewe venue vir intieme troues.

Nooitgedacht en die aangrensende landgoedere is op 9 Maart 1994 as die Mount Anderson-natuurreservaat verklaar. Dié reservaat spog met verskeie wildspesies, soos luiperds, bergrietbokke, waterbokke, koedoes, bosbokke, elande, klipspringers, grysduikers en klein katte.

Die lodge is in 1992 gebou waar die oorspronklike plaashuis was en die ou klipskuur is in 1995 in 'n biljartkamer en kroeg omskep.

Nooitgedacht bied gerieflike en stylvolle verblyf vir 20 gaste in 9 en suite-slaapkamers. Daar is 1 gesin-suite met slaapplek vir 4 en daar is 4 suites wat kothuise is en direk aan die hoofgebou verbind word deur 'n onderdak-stoep en 'n gang. Al die eenhede is keurig ingerig en 7 eenhede het elkeen 'n kaggel. Kinders is altyd welkom en kinderoppassers kan gereël word.

Die ou klipskuur is 'n oorblyfsel van die oorspronklike plaashuis en dien nou as 'n onthaalarea met geriewe soos 'n biljart-tafel, satelliet-TV en 'n kroeg met oorgenoeg voorraad.

Smullekker tuisgemaakte maaltye word deur die sjefs in 'n tradisionele oopplan-kombuis voorberei en in die eetkamer bedien. Dié eetkamer is die hart van Nooitgedacht. Maak ook 'n draai by die besonderse wynkelder. Vra ook gerus die sjefs om die vangs van die dag vanuit ons damme vir jou voor te berei.

Daar is tientalle doendinge in die omgewing, soos kunsvlieghengel, wildkyk, voetslaan, kleiduifskiet, perdry, 4x4-roetes en broeiery-toere. Gaste kan ook piekniek hou of gaan seil.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Wynkelder
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Piekniekmandjies Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Ligging

  • Nooitgedacht-plaas 153JT, Finsbury-weg, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R4 140
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R4 140
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Nooitgedacht-plaas 153JT, Finsbury-weg, Lydenburg, 1120, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGE2MDljNzQ0LWUxOWItNDdmZC1hYWFmLWYxNzlhOGQ5MmJhNQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 140 per nag, vir 2 mense Farm Nooitgedacht 153JT Finsbury road 1120 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.067035142679 30.574597607739