North Lodge Self-Catering Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

North Lodge Self-Catering Cottages bied gerieflike en veilige selfsorgverblyf in die lowergroen woonbuurt Park Hill in Durban-Noord.

Net 'n kort motorrit vanaf die middestad, strande, besighede, industriële parke en verskeie ander besienswaardighede is dié instansie op 'n ruim perseel geleë met 'n heerlike tuin. Verblyf is beskikbaar in privaat selfsorgkothuise, waarvan die meeste lugversorging en waaiers het. Alle selfsorgkothuise het eetgerei en breekware. Die slaapkamers het en suite-badkamers, TV's, lessenaars, lampe, strykysters en toegang tot wasgoedgeriewe.

Die kothuise bied toegang tot grasperke met vrugte bome en ontspanningsareas. Water word met sonpanele verhit. Gaste het toegang tot veilige parkeerplek, gratis WiFi, tropiese vrugte binne seisoen, 'n lughawe- en hawe-pendeldiens en 'n gratis kinderoppasdiens. Die lodge het ook vir bystand 'n kragopwekker.

North Lodge Self-Catering Cottages bied die ideale bestemming vanwaar Durban verken kan word. Suncoast Casino, Sibaya Casino, uShaka Marine World en Durban se strand is naby, asook verskeie restaurante en kafees.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Nederlands
  •  Portugees
  •  Zoeloe
  •  Xhosa

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na North Lodge Self-Catering Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R298 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za