+39
Lodge in Laeveld

Nthakeni Bush & River Cottages

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Adelle V
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Feb 2026

Juweel in Noord Limpopo. Ons verblyf by Nthakeni was uitsonderlik! Dit is duidelik dat Kobus en Annelize baie sorg en aandag aan elke aspek van hulle gaste se ervaring gee, en hulle liefde vir die omgewing en die plaaslike gemeenskap is sigbaar in elke detail. Nthakeni is ’n absolute juweel en ons sal sonder twyfel weer terugkeer. Ek beveel beide die cottages en die kampplekke aan vir enigeen wat op soek is na ’n onvergeetlike wegbreek in die natuur.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Theunis K
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

Friendly and peaceful. Very nice place, we enjoyed our stay and the owners are very friendly. We would recommend Nthakeni to anyone.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Engela V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2025

Fantasties, heerlik en ontspannend. Hierdie is werklik 'n juweel. Die plek is baie netjies en skoon en mooi. Daar is verskeie staproetes en die voëlkyk is baie goed. Die huisies is baie goed ingerig en privaat. Die eienaars is vriendelik en behulpsaam en die restaurant se kos is voortreflik. Ek is spyt ek het nie langer gebly nie. Ek sal net 'n vol battery saambring volgende keer om selfone te laai aangesien daar nie 'n laaier in die huisie self is nie (dit is wel met ons gekommunikeer). Mens kan egter jou laptop en selfoon by die kantoor laai teen 'n minimale koste.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Hendrik L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2025

Rustigheid en vrede. Baie lekker gebly. Goed versorg, volledig toegerus. Pragtige natuurlike (tuine), mooiste en besondere bome. Eienaars en personeel baie vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Nicolet P
Kort verblyf
5.0
Aug 2025

Alles oortreffend! Die rus, die sterre, baobabs, gerieflike huisie, Thusani! Ons het heerlik gebly en kom graag weer terug!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Philip V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2025

Wat 'n aangename belewenis! Moenie twyfel, bespreek net!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wim S
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Mei 2025

'n Belewenis om nie mis te loop nie! Hoewel ons effe onkant gevang was dat Nthakeni buite die Wildtuin geleë is, was dit regtig 'n aangename verrassing. Die plek bring jou tot rus en in voeling met die kleiner verrassings van die Wildtuinomgewing, soos insekte, skoenlappers, bome en 'n groot verskeidenheid voëls. Ons het die swembad en staproetes met lieflike uitsigte baie geniet. Elke kampplek of huis is heerlik privaat en mens hoor net die klanke van die natuur om jou. Ons kan die eienaars en al die werkers net gelukwens met hul uitstekende diens en die ongelooflike onderhoud van alles in die kamp. Hoogs aan te beveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Elaine B
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Aug 2025

Absolute juweel van 'n plek. Dit was 'n ongelooflike, wonderlike, fantastiese ervaring! Dit was 'n heerlike verrassing om die weggesteekte juweel te ontdek. Mooiste, mooiste natuurlewe. Huisie so lekker ingerig en oulik. Netjies en skoon en anders! Regtig spyt ons het net een nag oorgebly. Sal so graag weer wil besoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Francois V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Apr 2025

As jy Kruger wil besoek, dink mooi. Lekkeslaap se advertensies gee 'n wanindruk. Ons het lekker gebly, maar ongelukkig was ons onder die indruk van die webtuiste dat die plek in die Kruger Nasionale Park is. Dit is beslis nie! En om by die park in te gaan en te ry tot waar die aksie begin, is so 30–45 minute, en die pad is baie sleg. Onmoontlik om die slaggate te mis. Maar, die blyplek en gerief in die oord is fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
1.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Giel M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Feb 2025

Asemrowend en 'n moet met beskikbare winkel met eerlike faktuurboekie. Baie aangename oase en vriendelike ontvangs. Sunbird Cottage ideaal vir 2 persone. Die aanliggende cottages ideaal vir bykomende 4 persone. Baie geluk met bome wat tags het. Instandhouding puik en kampplekke pragtig, veral onder kremetartbome. Toilet en storttent aangrensend aan kremetartboom prentjiemooi.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
2.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Annelize Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 53

Op LekkeSlaap 4 jaar

Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 000
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Pafuri Nkotswi, Pafuri Gate, Nkotswi, 0956, Limpopo

Sien kaart
  • Slaapplek vir 12 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 13:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA092d338f73a1acd7fc89b7cb7cdc864316ff96edc52c4ebffec5e4936bcee0675635efbec192b94bd9986bb99b49dc0d8d3a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag (plek vir 2) 36 5 1 5 Pafuri Nkotswi Pafuri Gate 0956 Limpopo 021 201 8901 13:00-19:00 09:00 -22.427203617035 31.035359042081
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang