Nukakamma Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Nukakamma Gastehuis en selfsorgwoonstelle is geleë in Colchester, in die hartjie van die Sondagsriviervallei. Gaste word verwelkom in die wonderskone Oos-Kaap met sy oorvloedige natuurlewe, ryk plantegroei en kultuurgeskiedenis.

Die naam "Nukakamma" is die naam wat die plaaslike Xhosa-inwoners aan die Sondagsrivier gegee het. Die letterlike betekenis is "graswater". Die naam verwys na die oewers van hierdie rivier wat altyd groen is ten spyte van die droë omgewing.

Of jy nou op soek is na 'n intieme ontmoeting met die natuur, of bloot 'n stil en rustige plekkie wat steeds naby 'n groot stad is, Nukakamma Gastehuis en selfsorgwoonstelle is presies waarna jy soek. Die bekende Addo Olifantpark grens aan ons onderneming met die gevolg dat ons pragtige uitsigte op die heuwels en wild van hierdie wêreldbekende park geniet.

Jou gasvrou, Vicky, sal seker maak jou verblyf by ons is so genotvol en ontspanne soos wat jy dit voorgestel het. Onverbeterlike gasvryheid en daardie ekstra tikkie persoonlike diens.

Diegene wat in ons gastehuis tuisgaan kry ontbyt, en ons beskik oor al die selfsorggeriewe wat jy benodig om jou verblyf so gerieflik as moontlik te maak. Gratis internet is beskikbaar.

Vicky is 'n bobaas-kok wat tradisionele Suid-Afrikaanse geregte vir die inwoners van die gastehuis voorsit. Gaste wat in ons selfsorgwoonstelle bly is ook welkom om etes op versoek te nuttig.

Doen gerus navraag oor ons daaglikse spyskaarte en enige spesiale versoeke.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Internet

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Nukakamma Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za