Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oakvlei Farm

Selfsorg
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D56, Oakvlei-plaas, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 200 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Oakvlei Farm is 'n pragtige plaashuis in Mooirivier, KwaZulu-Natal. Die plaashuis is deel van Niekerksfontein-plaas wat 'n melkplaas in die KwaZulu-Natalse Middellande is. Gaste kan hier oornag onderweg na bestemmings aan die kus of in die binneland, die verskeie besienswaardighede op die Midlands Meander verken of net in die rustige omgewing ontspan en 'n onvergeetlike tyd hê.

Die plaashuis beskik oor 4 slaapkamers, 2 badkamers en 'n gastebadkamer. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die ander 2 slaapkamers het elkeen 2 enkelbeddens. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Daar is 'n aparte gastetoilet.

Die plaashuis bied 'n groot aparte kombuis, 2 sitkamers en 2 kaggels. Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die sitareas het gemaklike rusbanke, 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek en 'n TV. Gratis WiFi is beskikbaar.

Daar is ook 'n sonnige stoep met 'n sitarea, 'n omheinde tuin en 'n pragtige uitsig oor die uitgestrekte velde. Braaigeriewe is beskikbaar. Vuurmaakhout word voorsien en gaste moet hul eie houtskool saambring. Daar is oorgenoeg parkeerplek op die perseel.

Gaste is welkom om in die veld te wandel. Daar is oribies, ribbokke, duikers, aardvarke, bruinhiënas en ystervarke. Die plaas het 'n ryk voëllewe met 28 pare bloukraanvoëls en 12 pare kuifkopkraanvoëls. Daar is 'n dammetjie voor die huis met baars in vir wanneer gaste wil visvang. Daar is 3 opvangdamme en 2 ander damme met baars op die Niekerksfontein-plaas wat sowat 4 km vanaf Oakvlei-plaas is. Die boonste opvangdam het forel, so gaste kan hul eie visstokke saambring. Daar is ook lieflike bergfietsroetes vir diegene wat die bloed 'n bietjie vinniger wil laat pomp en gaste kan die voetslaanroete na die waterval gedurende die reënseisoen aanpak. Die koeie word 2 keer per dag gemelk en gevoer.

Slaapplek

’n Bespreking by Oakvlei Farm sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Troeteldiere indien gereël
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Forelhengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Verekombers
  • Elektriese kombers
  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 8 resensies vir Oakvlei Farm
Netheid
4.8/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.9/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Carol Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 8

Jaar gelys 7

Ligging

  • D56, Oakvlei-plaas, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Oakvlei Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R3 200
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: D56, Oakvlei-plaas, Mooirivier, 3300, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA7a3ff60255a8eb48e0eda9c61211d38c869f38756f7fd3fcdbe8c282226a5d27f26f7769d0193997548f640140c020697c3c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 200 per nag, vir 8 mense 8 5 1 5 D56 Oakvlei Farm 3300 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.162944444444 30.140444444444
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem