Obsidian

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Obsidian is 'n pragtig gemeubileerde, luukse villa in die gesogte buurt, Clifton, teen die hange van Leeukop. Die villa strek oor 5 verdiepings en is ontwerp om met die berg ineen te smelt en die uitsig op die Twaalf Apostels-bergreeks en die Atlantiese Oseaan te vergroot.

Daar is 5 slaapkamers waarvan 4 in die hoofhuis is en 1 in die gastewoonstel. Die onderste verdieping beskik oor 'n voorportaal, sekuriteitshek, onderdakparkeerplek vir 2 voertuie, parkeerplek vir 3 voertuie agter 'n hek en 'n hyser na al die verdiepings. Die eerste verdieping beskik oor 'n gastewoonstel met 'n volledige kombuis wat toegerus is met 'n Smeg-stoof, 'n etenstafel met sitplek vir 10, 'n gastetoilet, 'n sitkamerarea met sitplek en 'n slim-TV, en 'n en suite-slaapkamer met 'n bad en 'n stort. Gaste kan uitsigte vanuit die gastewoonstel geniet.

Die tweede verdieping beskik oor 'n wasgoedkamer, 'n gastetoilet, 'n hyser-ingangsportaal, en 'n afgeskermde braai-area met 'n etenstafel met ingeboude sitplek vir 12. Die derde verdieping beskik oor 2 en suite-slaapkamers waarvan 2 'n see-uitsig het. Daar is ook 'n etenstafel met sitplek vir 8, maar met spasie vir 10. Stoele kan bygevoeg word. Verder is daar 'n sitkamerarea met 'n slim-TV, 'n groot balkon en 'n kombuisie.

Die vierde verdieping van die villa is die hoof vermaak- en leefarea met 'n volledige kombuis wat toegerus is met 2 Smeg-stowe, 'n kroeg-styl kombuis-eiland, ingeboude drankkabinet, 'n etenstafel met sitplek vir 12, 'n groot sitkamerarea met 'n slim-TV, 'n hangende kaggel en 'n gaste-toilet. Die voorkant van dié verdieping bied 'n swembaddek met skuifdeure, 'n etenstafel met sitplek vir 10, 2 sontstoele, en 'n fantastiese uitsig op die Twaalf Apostels-bergreeks. Die agterkant van die verdieping is 'n privaat binnehof met 'n groenmuur.

Die tussenvloer, tussen die vierde en vyfde verdieping, beskik oor 2 lessenaars en 'n klein biblioteek. Die vyfde verdieping beskik oor die hoofslaapkamer met 'n koninggrootte-bed, seefront-uitsigte, 'n slim-TV, 'n kaggel, en 'n bad in die hoek van die kamer met uitsigte oor die see en berge. Daar is ook 'n privaat balkon met 'n sierfonteintjie en see- en berguitsigte. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n dubbelwasbak, 2 instapstorte, 2 toilette en 'n groot instapkas met deure wat kan sluit.

Gaste kan by die swembad ontspan en die fantastiese uitsigte geniet. Buiten die hyser het die villa ook kringtelevisie kameras en 'n alarmstelsel vir sekuriteit.

Slaapplek

'n Bespreking by Obsidian sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Obsidian gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R95 000 per nag (plek vir 10)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za