Ocean Bed

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ocean Bed is in Gonubie geleë. Dis 'n klein dorpie omtrent 15 minute se ry van Oos-Londen af. Gonubie bied iets vir almal. Die dorpie is bekend vir sy promenade wat strek vanaf Gonubie Punt tot by die hoofswemstrand wat langs die Gonubie-riviermonding geleë is.

Ocean Bed bied 3 oopplan-eenhede. Elke eenheid is ten volle toegerus vir selfsorg en al die basiese geriewe vir 'n ontspanne, sorgvrye vakansie. Ons bied akkommodasie vir 2 volwassenes en 2 kinders of 3 volwassenes. Die eenhede het elk 'n TV wat teen die muur aangebring is, privaat braaigeriewe, veilige parkeerplek en 'n afstandbeheerde hek. Linne kan voorsien word, maar bring asb. jou eie handdoeke saam.

Gaste het toegang op die perseel agter 'n hek met afstandbeheer. Die eenhede is nie troeteldiervriendelik nie.

Ocean Bed is stapafstand vanaf die gesinsvriendelike Gonubie-strand, vele visvangplekke en 'n Superspar (vir die daaglikse benodigdhede en kruideniersware) asook OTM's. Ons is ook naby die bekende voëlreservaat en eetplekkies teen die strand. Ons is net 'n entjie se ry vanaf Steers, KFC, Guido's restaurant, Roman's Pizza en ons plaaslike restaurant Ninas.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean Bed gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R650 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za