Ocean Mist
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Glen, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 500 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Ocean Mist is 'n pragtige strandhuis op 'n privaat landgoed langs die kus in Keurboomstrand naby Plettenbergbaai. Dis ideaal vir gesinne, wittebroodpaartjies of enigiemand wat smag na ruimte, vrede, natuur, luilekker dae en lekker lang stappies.
Daar is 4 slaapkamers, 'n oopplan-leefarea en 'n TV-kamer wat alles na buite oopmaak. Buite is daar 'n etenstafel onder 'n rietbedekking en 'n swembad met 'n swembad-net. Gaste het ook toegang tot WiFi.
Twee slaapkamers het 'n koninggrootte-bed en die ander 2 slaapkamers het 2 enkelbeddens elk. Die eerste 3 slaapkamers het en suite-badkamers en twee van die en suites het 'n toilet, bad en stort. Die laaste en suite het 'n toilet en 'n stort.
Ocean Mist spog met pragtige grasperke wat na Keurboom se ongerepte strand lei en mis wat van die see af instoot. Geniet die uitsig oor die oseaan tydens dagbreek, luister na die brekende branders en gaan verken die skilderagtige Keurboomstrand te voet. Sekere maande in die jaar kan jy selfs snags die walvisse hoor blaas. Daarbenewens is Ocean Mist ideaal geleë om die Tuinroete te verken.
Keurboomstrand is nog ongerep en daar is min ander plekke in Suidelike Afrika waar jy so lekker ver op 'n mistige strand kan gaan stap en sulke privaatheid kan ervaar. Dít is wat jy te wagte kan wees by Ocean Mist.
Slaapplek
’n Bespreking by Ocean Mist sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Linda Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 14
Jaar gelys 14
Ligging
- Milkwood Glen, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Gaste dink Ocean Mist het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Plettenbergbaai Tuinroete Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Milkwood Glen, Keurboomstrand, Plettenbergbaai, 6600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom