Ocean Valley View

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ocean Valley View bied jou gemaklike selfsorg-akkommodasie in 'n stil doodloopstraat in Morganbaai. Daar is pragtige uitsigte op die see, vallei, bosse en berghange en dis binne stapafstand van die see af. Ocean Valley View is ideaal vir 'n maksimum van 8 volwassenes en 2 kinders.

Hierdie dubbelverdiepinghuis het 3 slaapkamers en 'n ruim oopplan-area op die onderste vloer wat na 'n groot houtdek-terras lei. Op hierdie vlak is daar 'n gaste-toilet, en 'n kombuis wat goed toegerus is met 'n stoof, mikrogolf, skottelgoedwasser, yskas-vrieskas, en 'n wasmasjien. Die drie dubbelslaapkamers het elk hul eie balkon waar jy kan ontspan en die uitsig geniet. Die voorportaal- en eetkamerareas het ook see-uitsigte.

Die hoofslaapkamer (koninggrootte-bed) is en suite toegerus met 'n groot ovaal bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer 4 enkelbeddens. Hierdie 2 slaapkamer deel 'n aparte badkamer met stort.

Alle beddegoed word voorsien. Gaste word versoek om hul eie handdoeke te bring. Satelliet-TV ontvangs is beskikbaar maar jy moet jou eie DStv-slimkaart en -dekodeerder bring.

Die prentjiemooi dorpie Morganbaai is 'n ideale plek vir 'n familie of klein groep reg op die Wildekus se drumpel. Die bergtop-staproete na Dubbelmond is 'n moet en ywerige stappers kan vanaf die reservaat langs die strand na Beadstrand en Haga Haga stap.

Die baie aktiwiteite wat in die omgewing beskikbaar is sluit in: Visvang, staproetes, verskeie strandaktiwiteite, perdryroetes, fietsry en bergfietsry, seilplankry, branderplankry, swem, voëlkyk, walvis- en dolfynbesigtiging en kusrotsklim.

Slaapplek

'n Bespreking by Ocean Valley View sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 4 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean Valley View gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 800 per nag (vir 8 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za