Ocean View Villas

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ocean View Villas is geleë in die hartjie van Chaka’s Rock en bied ’n verskeidenheid verblyf-opsies wat wissel van luukse- en korporatiewe akkommodasie tot familie-eenhede. Linne en handdoeke word voorsien, maar swemhanddoeke en vadoeke moet self voorsien word. Daar is ’n kleur-TV met sekere DStv-kanale. Elke woonstel het braaigeriewe en veilige parkeerplek vir 1 motor. Woonstelle word daagliks skoongemaak (buiten Sondae en openbare vakansiedae), maar gaste is verantwoordelik vir hulle eie skottel- en wasgoed.

Ons is omtrent 500 meter weg van Chaka’s Rock se hoofstrand en die meeste van ons woonstelle spog met asemrowende see-uitsigte. Al ons woonstelle is ingerig vir selfsorg.

Chaka’s Rock het ’n pragtige strand met rotsagtige baaitjies en ’n ongelooflike getypoel met ryk seelewe wat oud en jonk ure lank sal vermaak.
Die Dolfynkus spog met kulturele diversiteit, ’n ryk geskiedenis, goudkleurige strande en sonskyn wat jou vakansie onvergeetlik sal maak.

Daar is ’n gemeenskaplike swembad en elke woonstel het lugversorging, braaigeriewe, koffie- en teemaakgeriewe en ’n volledig toegeruste kombuisie.

Kenmerke

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Rolstoelvriendelik

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ocean View Villas gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za