Oceanscape Studio by HMH
Kry 10% af. Geldig vir verblyf vanaf 1 Des 2025 tot 31 Jan 2026.
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 Sir David Baird Drive, Bloubergstrand, Cape Town, 7436, Wes-Kaap
-
Vanaf
R1 810R1 629 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Oceanscape Studio is 'n knus, moderne ateljeewoonstel wat in Bloubergstrand Village, 'n entjie vanaf Small Bay, geleë is. Hierdie ateljeewoonstel is 'n gerieflike en stylvolle toevlugsoord met 'n asemrowende uitsig oor die see en op Tafelberg in die agtergrond. Dit bied direkte toegang tot die strand en is naby verskeie restaurante, kroeë en winkels.
Dié eenslaapkamerwoonstel bied gerieflike slaapplek aan 2 gaste en het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is ook 'n buitestort waar gaste die sand kan afwas voordat hulle in die huis gaan. Wit linne en handdoeke word voorsien.
Die kombuisie is met 'n yskassie, mikrogolfoond, basiese eetgerei, breekware, koffie- en teemaakgeriewe en 'n etenstafel met 2 stoele toegerus. 'n Slim-TV, 'n werksruimte en gratis WiFi is beskikbaar.
Daar is ook 'n groot terras wat met 'n uitsig oor die see, Robbeneiland en op Tafelberg spog.
Hierdie verblyf maak van sonkrag en 'n battery gebruik en word nie deur kragonderbrekings geraak nie. Daar is ook 'n alarmstelsel met geslotekringtelevisie en afstandbeheer. Parkeerplek vir 2 voertuie is beskikbaar.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Helen Geverifieer
Eiendomme 49
Resensies 63
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 58 Sir David Baird Drive, Bloubergstrand, Cape Town, 7436, Wes-Kaap
- Gaste dink Oceanscape Studio by HMH het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 13
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 Sir David Baird Drive, Bloubergstrand, Cape Town, 7436, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang