Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Odeon Beach Break

  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Odeon Towers, Kusweg 66, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
  • Vanaf R1 390 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Odeon Beach Break is 'n volledig toegeruste en ruim woonstel wat op die see uitkyk. Dis op Kusweg in Strand geleë, so die strand is reg oorkant die pad. Die woonstel het uitstekende afwerkings en moderne meubels. Dit is op die sewende vloer en die woonstel het die perfekte vensters om die ongelooflike see- en berguitsigte te geniet.

Die woonstel het 1 slaapkamer wat beskik oor 'n koningingrootte-bed met 'n gehaltematras, 100% katoen-perkallinne, gehaltehanddoeke, strandhanddoeke, 'n plafonwaaier, 'n haardroër en 'n radiowekker. Die volledige en suite-badkamer het 'n bad, 2 storte, 'n toilet, 'n bidet, 'n verhitte handdoekreling en 'n paneelverwarmer. Daar is nog 'n aparte toilet met 'n wasbak. Daar is 'n driekwartbed-slaapbank in die leefarea vir 'n ekstra gas beskikbaar.

Die oopplan-sitkamer en -eetkamer beskik oor 'n LED-SlimTV, 'n volledige DStv-pakket, 'n radio en CD-speler, 'n waaier, 'n verwarmer, gemakstoele van leer, 'n eetkamerstel en gelamineerde vloere. Die kersiehout-kombuis beskik oor graniettoonbanke, kroegstoele, 'n stoof, oond, uitsuigwaaier, mikrogolfoond, yskas, vrieskas, skottelgoedwasser, klein elektriese toebehore, 'n konfoor, potte, panne, breekware, glasware en eetgerei. Verder is daar 'n aparte opwaskamer, 'n stofsuier, strykplank, strykyster, vadoeke en skoonmaakmiddels. Vir gaste se gerief is daar 'n optiese netwerk en onbeperkte WiFi 24 uur van die dag. Daar is ook 'n elektroniese kluis wat groot genoeg is vir jou skootrekenaar en waardevolle items.

Die woonstelblok het uitstekende sekuriteit, toegangsbeheer en sekuriteitskameras regdeur. Daar is veilige parkeerplek in 'n veilige motorhuis op 'n aangewese plek. Dit het direkte toegang tot die hysbakke. Die gebou is rolstoelvriendelik. Daar is braaigeriewe en 'n swembad op die tweede vloer, asook 'n binnenshuise area waar gaste wasgoed kan ophang. Op die grondvloer is daar 'n wassery, haarkapper, 'n paar winkels en motorwasgeriewe in die parkeerarea. Die woonstelblok is stapafstand vanaf winkels en restaurante. Daar is 'n openbare olimpiese swembad net oorkant die pad. Dié swembad is daagliks van 07:00 tot 19:00 oop. Ingang is gratis vir pensioenarisse.

Die woonstel word nie daagliks skoongemaak nie, maar 'n weeklikse skoonmaakdiens kan op versoek teen 'n ekstra koste gereël word.

Strand is sowat 50 minute se ry vanaf Kaapstad se middestad en 35 minute vanaf Kaapstad Internasionale Lughawe. Die area word omring deur Valsbaai en die Hottentots Holland- en Helderberg. Strand is 'n klipgooi vanaf Gordonsbaai met pragtige see-uitsigte en dis net 20 minute se ry vanaf Stellenbosch waar gaste in die wynlande kan ontspan.

Slaapplek

’n Bespreking by Odeon Beach Break sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Area 1
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Wynproe
  • Wildkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Konferensiegeriewe

  • Kantoorgeriewe
  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Dienste

  • Internet koppeling
  • Koordlose internet

Badkamer

  • Bad
  • En-suite
  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Dvd
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 22 resensies vir Odeon Beach Break
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.9/5
Waarde vir geld
4.9/5

Ligging

  • Odeon Towers, Kusweg 66, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Gaste dink Odeon Beach Break het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Strand Kaapstad Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 390
per nag (plek vir 3)
Vanaf
Vanaf R1 390
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Odeon Towers, Kusweg 66, Strand, 7140, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 10
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVkODIzMDEyLTZiZDgtNDZjNC04Mzg5LWQyNjQzY2M1MjhkZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 390 per nag (plek vir 3) 22 5 1 5 Odeon Towers 66 Beach Road 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -34.119434608866 18.829359412193