Off Beat Bush Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Off Beat Bush Lodge is 'n outentieke, omgewingsvriendelike wegbreekplek. Ontsnap vir 'n paar dae uit die raserige kloue van die stad en beleef die natuur op die randjie van die Krugerwildtuin. Dié lodge skuil aan die oewer van die seisoenale rivier wat deur ons plaas loop. Gaste wat by ons aanklop is mal oor die ongerepte plantegroei en die wild in die omliggende reservate wat soms gesien en gehoor word.

Die hele lodge maak gebruik van sonkrag-aangedrewe ligte, laterens en gas en elke houthuisie het sy eie ligte. Ons bied verblyf in verhewe houthuisies met oop badkamers vir diegene wat onder die sterre wil stort. Warmwater word voorsien deur middel van 'n donkie-geyser. Naby die dek-area is daar 'n ponspoel wat ideaal is vir daardie warm dae. Die beskutte uitkykpunt is ideaal vir besoekers wat wil sien hoe die wild lafenis soek by die gewilde watergat.

Daar is 'n volledig toegeruste kombuis met 'n yskas en 'n gas-stoof. Gaste kan gebruik maak van die braaigeriewe. Alhoewel elektrisiteit nie beskikbaar is nie, word daar voorsiening gemaak vir die laai van kameras en selfone deur middel van 'n klein kragopwekkertjie.

Neem asb. kennis dat die kroeg nie in gebruik is nie, maar gaste kan steeds van die area gebruik maak.

Off Beat Safaris is sowat 12 km van Hoedspruit af. Die privaat-wildreservate in dié omgewing vorm die Groter Nasionale Krugerwildtuin en die noordelike gedeelte van die Drakensbergreeks verrys in die agtergrond.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Reisigerstjeks
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Off Beat Bush Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za