Old Kendal

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Old Kendal is die perfekte gesinshuis. Dit is in Dieprivier geleë, naby die M3 en op die drumpel van Constantia. Die huis het moderne geriewe en oorgenoeg speelplek vir kinders.

Daar is slaapplek vir 4 - 6 gaste. Die huis is in 'n rustige omgewing geleë. Daar is 3 slaapkamers en dis volledig toegerus vir selfsorg. Die leefkamer het gemaklike rusbanke, 'n TV met DStv en 'n kaggel. Die leefarea lei na die eetarea met 'n groot eetkamertafel met sitplek vir 6. Die stylvolle kombuis beskik oor 'n boekrak met hope resepteboeke, en moderne geriewe soos 'n gasstoof, yskas-vrieskas, 'n mikrogolfoond en 'n koffiemasjien. Die aparte waskamer het 'n skottelgoedwasser en 'n wasmasjien.

Op die beskutte patio is daar 'n tafel waar maaltye geniet kan word en daar is ook 'n groot tuin, 'n grasperk, 'n groentetuin, swaaie en 'n glyplank. Daar is veilige parkeerplek vir 2 voertuie en die huis word 2 keer 'n week skoongemaak. Volledige sekuriteit met gewapende reaksie word voorsien.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kaggel

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Old Kendal gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 800 per nag (plek vir 6)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za