Old Rearsby

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vrede, rustigheid en ontspanning heers elke dag hier by die 'Old Rearsby'-plaas. Dit is in die skilderagtige KwaZulu-Natalse binneland geleë met asemrowende uitsigte op die Drakensberge - dis die plek waar drome waar word!

Kom geniet 'n glas van jou gunsteling-wyn voor 'n knetterende vuurtjie in jou kothuis of bewonder die asemrowende sonsondergang oor Giant's Castle terwyl jy op jou private veranda sit. Elkeen van ons individueel versierde en ingerigte huisies het en suite-badkamers (storte), 'n kombuisie, 'n kaggel, privaat veranda en perkallinne van 'n hoë gehalte.

Ons legendariese ontbyt word in die hoofplaashuis se eetkamer langs 'n knetterende vuurtjie gedurende die winter of op 'n warm somersdag buite op die stoep bedien. 'n Selfsorg-opsie is ook beskikbaar.

Verken die gronde van die 100 jaar oue plaas terwyl jy die tarentale, perde en immer herkouende Nguni-beeste dophou. Ons wye, oop spasies bied vir die jonger lede van die gesin genoeg plek om rond te hardloop en te speel, en jy kan selfs jou geliefkoosde troeteldiere saambring om gebruik te maak van hierdie eeue-oue speelgrond.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensiegeriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Internet
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Old Rearsby gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 298 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za