LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Olifants Rivier Lodge | LekkeSlaap
+32

Olifants Rivier Lodge

Lodge
  • Kapasiteit: 488 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Presidentsrus, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R580 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Olifants Rivier Lodge is in die Groot Olifantsrivierkloof, tussen Middelburg en eMalahleni op die R555, geleë. Gauteng, Polokwane, Limpopo, Nelspruit en die Krugerwildtuin is als minder as 200 km vanaf die lodge, en dit maak die lodge dus baie bereikbaar.

Gaste kan kies tussen verskeie verblyfopsies met asemrowende uitsigte, vanaf die rietdakrondawel met en suite-badkamers, selfsorg-oopplancabanas en selfsorg-dubbelverdiepingvillas. Daar is ook 'n karavaan- en kampeerplek met elektrisiteit- en waterpunte op die oewer van die Olifantsrivier. Die kampeerplekke is nie afgebaken nie.

Geriewe by die lodge sluit 'n binnenshuise verhitte swembad, koel swembad, vlugbalbaan, roeibootjies, speelplek vir die kinders en spanbou-aktiwiteite vir groepe in. Vir die natuurliefhebbers bied die Olifants Rivier Lodge voetslaanpaaie, voëlkyk, perdry en visvang. Daar is ook 'n bosveldkroeg, pooltafel, pylbord en 'n lapa waar gaste lekker kan ontspan.

Die lodge se restaurant bied plattelandse ontbyt en aandete, sowel as middagete-buffets op Sondae. Daar is ook 'n buite-terras waar skemerkelkies geniet kan word terwyl die sterrehemel van die platteland bewonder word. Gerieflike verblyf en smaaklike kos is die perfekte ligging vir 'n suksesvolle funksie, konferensie, troue of wegbreek. Let asb. daarop dat 'n grondpad van 6 km tussen jou en 'n rustige wegbreek by dié lodge staan.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Kroeg
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Visvang
  • Baarshengel
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Middagete
  • Tee

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Kantoorgeriewe
  • Sekretariële Geriewe
  • Rekenaar Netwerklewering
  • Televisie
  • Videospeler
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.2 uit 5van 37 resensies vir Olifants Rivier Lodge
Netheid
4.2/5
Diens
4.3/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.4/5
Waarde vir geld
4.1/5

Ligging

  • Presidentsrus, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Gaste dink Olifants Rivier Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Mpumalanga
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R580
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 488 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Presidentsrus, Middelburg, 1050, Mpumalanga
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ4ZjFjZmY4LWY2YWMtNGIyMC1iZDI5LTU5YzYzYWEzMDg0ZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R580  per nag (vir 2 persone) 37 5 1 5 Presidentsrus Middelburg 1050 Mpumalanga 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -25.76198 29.3126
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!