Olive Garden Guesthouse

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Olive Garden Guesthouse is in die dinamiese en lewendige woonbuurt Langenhovenpark in Bloemfontein geleë en bied luukse verblyf vir sake- en vakansiereisigers.

Olive Garden poog om unieke verblyf te bied wat iets anders as gewone gastehuisverblyf is. Die perseel het voldoende sekuriteit, parkeerplek en afstandbeheerde toegang. Die kamers het elkeen 'n en suite-badkamer met 'n bad of stort, of albei. Daar is ook lugversorging, DStv, gratis optiesevesel-WiFi, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en elektriese komberse.

Aandete, middagetes, ligte middagetes en middagete-pakkies is op aanvraag beskikbaar. Peuselhappies kan ook voorsien word. Daar is 'n swembad en braaigeriewe.

Die gastehuis is gerieflik naby die afrit vir Bloemfontein-Wes op die N1, en ander vername plekke soos die Universiteit van die Vrystaat, Universitas Hospitaal, Bloemcare Hospitaal en die Tempe Weermagbasis. Dis stapafstand van winkels, restaurante en die gewilde Bloemfonteinse Boeremark (elke Saterdag).

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Kantoorgeriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Olive Garden Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R820 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za