Ombo Rest Camp

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ombo Rest Camp is sowat 12 km noord van Okahandja op die Hochfeldpad geleë. Dié unieke omgewing huisves 'n verskeidenheid dier- en voëlspesies wat vanaf die watergat waargeneem kan word met 'n pragtige sonsondergang in die agtergrond. Ombo Rest Camp bied die ideale oorslaapplek en bied ontspanne en rustige verblyf vir gaste. Dit is ideaal vir gesinne en die omgewing is kindervriendelik.

Verblyf word in 2 gesinshutte, 'n hut met 2 beddens en 'n hut met 'n dubbelbed gebied. Daar is ook 3 kamers vir rugsakreisigers wat elkeen 2 enkelbeddens het. Die rugsakreisiger-kamers deel ablusiegriewe met die kampterrein en gaste kan van die kampterrein se braai-area gebruik maak. Die kampterrein het warm storte, kragpunte en 'n groot, gemaklike braai-area met skaduwee en 'n grasperk.

Gaste wat oornag is welkom om in die swembad af te koel.

Die restaurant op die perseel bied 'n a la carte-spyskaart met vleisgeregte, vegetariese disse, verskeie slaaie, seekos, en volstruisvleis en -eiers vir 'n Namibiese geur. Die restaurant bedien ook krokodilvleis, Omajovas en koeke wat daagliks varsgebak is.

Ombo Rest Camp se plaasstal bied braaipakke, vuurmaakhout, ys, koeldrank en tuisgemaakte produkte, soos biltong, droëwors, gerookte vleis, heuning, konfyt en verskeie soorte sap. Daar is ook 'n soewenierwinkel.

'n Volstruis- en krokodiltoer word daagliks gebied, waartydens gaste aan die volstruise mag vat en hulle kan voer. Die hutte en die restaurant bied 'n direkte uitsig op die wild by die watergat.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ombo Rest Camp gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R300 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za