On-the-Rocks

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On-the-Rocks is 'n moderne selfsorgwoonstel wat op Vishoek se kuslyn geleë is. Die huis is geleë teen Jagger Walk, 'n rolstoelvriendelike voetpad al langs die kus af. Verder is Clovelly Gholfklub, Scratch Patch Mineral World, Valsbaai se strande, Silwermyn Natuurreservaat, Boulders Pikkewynkolonie en Kaappunt almal lekker naby On-the-Rocks geleë.

Die eenheid beskik oor 1 slaapkamer met 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer bied ook toegang tot 'n privaat dek. Verder is daar 'n oopplan-kombuis en -sitkamer in die huis met 'n ontbytbalkon. Die kombuis is toegerus met 'n yskassie, 'n mikrogolfoond, 'n ketel, 'n broodrooster en 'n induksiestoofplaat. Bykomende geriewe sluit 'n TV met volledige DStv, gratis WiFi en veilige parkeerplek in.

Daar is 'n hele rits doendinge in die omgewing wat swem, gholf, voetslaan, voëlkyk, kajakvaart in die see en branderplankry insluit. Vishoek het ook verskeie restaurante waar gaste lekker vars seekos kan geniet.

Indien jy meer gaste het, kan jy navrae doen by Tides, 'n dorpshuis op dieselfde perseel, wat slaapplek het vir 2 tot 5 gaste. Die eiendom is verbind via die garage en sodoende kan gaste steeds hul tyd saam geniet.

Slaapplek

'n Bespreking by On-the-Rocks sluit in:

1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Swem

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier
  •  Klein Kombuis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Eksklusiewe DSTV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On-the-Rocks gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za