On the Rocks B&B

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

On The Rocks verwelkom jou in die rustigheid en skoonheid van die natuur. Kom ontspan, herlaai en kry rus vir jou siel. Kom geniet hartlike gasvryheid soos in die ou dae, ongelooflike sonsondergange en 'n heerlike ontbyt.

Die gastehuis is geleë teen De Kelders-strand, net voor Gansbaai. Dis ideaal geleë vir walviskyk, hetsy van jou stoep, vanuit jou bed of selfs terwyl jy stort.

Ons kamers is individueel versier om by jou gemoedstoestand of persoonlikheid te pas. Die kamers is toegerus met al die nodige geriewe vir jou gemak asook jou eie privaat balkon wat oor Walkerbaai uitkyk.

Dit maak nie saak watter kamer jy kies nie, almal kyk oor die see uit en het 'n privaat balkon. Die kamers is toegerus met satelliet-TV, 'n yskas, elektroniese kluis, plafonwaaier, haardroër, radiowekker en tee- en koffiemaakgeriewe. Skoon handdoeke, stort-jel en sjampoe word ook voorsien. Die Africa- en Whale-kamer het Netflix.

Ons bedien met groot trots 'n smullekker Suid-Afrikaanse ontbyt - buite op die balkon of binne. Gratis WiFi is beskikbaar.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Xhosa

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na On The Rocks B&B gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 050 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za