Ons Dorpshuis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ons is op die oomblik 'n bekende en gevestigde handelsmerk in Rustenburg, en ons is trots om te sê dat ons daarin geslaag het om 'n balans te vind tussen luukse verblyf in ons 4-ster gastehuise of meer praktiese, bekostigbare verblyf in ons 3-ster selforgwoonstelle. Al ons geriewe, kamers en huise het definitief die "WOW"-faktor, maar voorsien terselfdertyd huislike verblyf aan al ons gaste.

Ons is al gekomplimenteer oor die kreatiewe en onverwags-praktiese manier waarop ons alles aanpak! Maar let asseblief op: Vanweë die geleidelike en "organiese" ontwikkeling van ons huise, is hul nie almal op dieselfde perseel geleë nie - ons gaste moet dus soms tussen 20 m, 50 m, 100 m en 'n paar kilometer reis om van die hoofontvangsarea tot by hulle spesifieke eenheid uit te kom. Ons vriendelike personeel sal ons selfsorg-gaste altyd vergesel na eenhede wat nie op die perseel is nie om hulle te help met die inklokproses en om enige vrae te beantwoord.

Die meeste van ons gaste is op pad na Rustenburg om in die area te werk. Ons is egter ook perfek geleë vir gaste wat tussen Suid-Afrika, Botswana en Namibië reis. Omdat Gauteng so nabybeleë is, en vanweë ons aangename weer, is ons die ideale bestemming vir vakansiegaste wat die omgewing wil verken en op soek is na bekostigbare akkommodasie.

Ons is klein genoeg om om te gee, maar groot genoeg om 'n wye keuse te bied.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Rolstoelvriendelik
  •  Gimnasium
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

KaartMeer oor die omgewing 

Gaste wat na Ons Dorpshuis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R750 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za