Oom Dana se Huis

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Oom Dana se Huis bied asemrowende uitsigte oor Paternoster se baai. Paternoster word deur baie mense beskou as die mees betowerende bestemming aan die Weskus.

Die huis het 4 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n gaste-toilet, die derde slaapkamer het 'n stapelbed en 'n enkelbed, en die vierde slaapkamer het 'n koningingrootte-bed. Dié kamers deel 'n badkamer met 'n stort.

Daar is 'n oopplan-kombuis/-sitkamer/-eetarea en 'n aangrensende opwaskamer. Die sitkamer is toegerus met 'n TV met DStv en gaste kan lekker kuier by die binnebraai wat ook as 'n kaggel kan dien. Die ruim stoep het pragtige uitsigte.

Paternoster is ongeveer 150 km noord van Kaapstad op die R27 geleë en 15 km noordwes van Vredenburg. Dit is dus 'n gewilde wegbreekbestemming. Die Weskus is welbekend vir sy groot verskeidenheid endemiese spesies, so dis veral 'n wenner vir diegene wat in veldblomme belangstel.

Slaapplek

'n Bespreking by Oom Dana se Huis sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Stapelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Kaggel
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Oom Dana Se Huis gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 400 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za