Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Oorvloed Guesthouse

Selfsorg
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Langs die N2, Karoolskraal Plaas, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 100 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Oorvloed Guesthouse is op 'n werkende plaas langs die Breërivier, geleë, ongeveer 40 km vanaf Swellendam en dit bied selfsorgverblyf aan 8 gaste.

Dié ruim huis het 4 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis, 'n eetarea en 'n sitkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Die tweede kamer het 'n dubbelbed en die ander 2 kamers het elk 2 enkelbeddens. Gaste in dié 3 slaapkamers deel die badkamer met 'n bad, stort en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die kombuis is met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas en ketel toegerus. Daar is binnebraaigeriewe en gaste kan hout saambring of hout kan op die plaas gekoop word.

Oorvloed Guesthouse is net 2,5 km van die rivier af waar gaste kan swem en visvang.

Let asb. op dat 'n grondpad na die verblyf lei. Gaste moet navraag doen oor die toestand van die grondpad voor aankoms aangesien dit weens onvoorsiene omstandighede kan verander.

Gratis WiFi, lugversorging in die leefarea, en 'n plonspoel met bruin rivierwater is ook beskikbaar.

Die plaas is ongeveer 15 km vanaf die Malgaspont, De Hoop Natuurreservaat, Potberg en Infanta.

Daar is heelwat besienswaardighede in die historiese dorp insluitend die museum, restaurante, pottebakkery, bessieplase en soveel meer. Marlothpark het ook verskeie wandelroetes na die pragtige watervalle. Daar is ook verskeie bergfietsroetes in die pragtige omgewing beskikbaar.

Slaapplek

’n Bespreking by Oorvloed Guesthouse sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Dubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 6 resensies vir Oorvloed Guesthouse
Netheid
4.8/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
5.0/5

Ligging

  • Langs die N2, Karoolskraal Plaas, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Gaste dink Oorvloed Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Overberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R2 100
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 14:00
  • Adres: Langs die N2, Karoolskraal Plaas, Swellendam, 6740, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAab0652345ba52d32089efbc809c754e2c71cc2c503152b9c7e11a7229ae0f2e121321b5e4f69e12b41ad1a6773397e5a9a83?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 100 per nag, vir 8 mense 6 5 1 5 Off the N2 Karoolskraal Farm 6740 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 14:00 -34.253745235942 20.53700390229